Okahandja

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Okahandja
Ligging van Okahandja op 'n kaart (Namibië)
Okahandja
Okahandja
Koördinate: 21°59′S 16°55′O Koördinate: 21°59′S 16°55′O
Land Vlag van Namibië Namibië
Streek Otjozondjupa
Bevolking (2011)
 - Dorp 22 639
Tydsone UTC+1 (UTC+1)

Okahandja is 'n dorp in Namibië in die administratiewe afdeling Otjozondjupa. Dit was 'n vroeëre setel van die Herero's. Gedurende 1840 het dit 'n stasie van die Rynse Sendinggenootskap geword.

'n Duitse pastoor, Heinrich Schmelen, was die eerste Europeër in die dorp in 1827.[1] In 1844 is twee sendelinge permanent aan die dorp toegeken om dit te besoek, en 'n kerk dateer uit hierdie tydperk. 'n Militêre pos is in Okahandja gestig in 1894, en dit is hierdie datum wat amptelik erken word as die dorp se stigting.[2]

Die naam "Okahandja" beteken die plek waar twee riviere inmekaar vloei om een wye een te vorm in Herero.[2]

Maharero en sy seuns, Jan Jonker Afrikaner, Hosea Kutako en Clemens Kapuuo is in die stad begrawe.

Geografie en ekonomie[wysig]

Okahandja se bevolking is besig om vinnig te groei. Dit was net meer as 14 000 soos gemeet deur die 2001-Bevolking en Behuising Sensus, en in 2011 het die inwonertal op 22 639 gestaan.[3]

Die Von Bachdam is net buite Okahandja geleë. Dit lewer die meeste van die water aan Windhoek.

'n Opelug-kuriomark lok toeriste en die dorp dien as die administratiewe sentrum vir die Hererovolk.

Vervoer[wysig]

'n Stasie is op die Trans-Namibspoorlyn gebou in 1909, wat gelei het tot verdere groei en ontwikkeling in die gebied.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Klaus Dierks. “Biographies of Namibian Personalities, R-Z”. URL besoek op 27 Maart 2011.
  2. 2,0 2,1 Okahandja, a town in Namibia”. The Cardboard Box. URL besoek op 25 Oktober 2010.
  3. (Julie 2003) Republic of Namibia 2001 Population and Housing Census, Basic Analysis with Highlights, Windhoek: Central Bureau of Statistics, National Planning Commission, 21. ISBN 0-86976-614-7.