Okiep

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Okiep
Ligging van Okiep op 'n kaart (Noord-Kaap)
Okiep
Okiep
Koördinate: 29°35′45″S 17°52′51″O Koördinate: 29°35′45″S 17°52′51″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distriksmunisipaliteit Namakwa
Plaaslike Munisipaliteit Nama Khoi
Oppervlak
 - Dorp 38,63 km²  (14,9 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 6 304
 - Digtheid 163/km² (422,2/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 8270
Skakelkode(s) 027
Ventilasieskag van die Kaap Koper-maatskappy gebou in 1880
Die Kaap Koper-medalje wat toegeken is aan mense wat Okiep verdedig het.

Okiep is 'n klein dorpie in die Noord-Kaap provinsie van Suid-Afrika, geleë in Namakwaland 8 km noord van Springbok en 11 km suidwes van Concordia. Dit is gestig in 1862 nadat koper hier ontdek is. Die naam is vroeër geskryf as O'okiep, en beteken in Nama plek van brak water.

Geskiedenis[wysig]

Koper is al in 1855 in Okiep ontdek, en die dorp het vinnig tot die sentrum van die kopermynbou in Suid-Afrika ontwikkel. Okiep is in die 1870's beskou as die rykste kopermyn in die wêreld.

Die eerste myners was Kornies en het die kundigheid van eeue se tin-mynbou in Cornwall met hulle saamgebring. Die ruïnes van die geboue wat hulle gebou het, sowel as die klip van die brûe van die spoorlyn om die erts te vervoer na Port Nolloth, kan nog steeds by Okiep gesien word.

In 1866 is 'n smalspoorlyn na Port Nolloth aan die Atlantiese kus gebou, waarvan die kopererts verskeep kon word. Die smalspoorlyn se bedrywighede het in 1876 begin en vir 68 jaar is erts na Port Nolloth vervoer en teruggekeer met toerusting en voorrade. Weens 'n gebrek aan koelwater vir die stoomlokomotiewe is die Namakwaland-muiltrein tot by die jaar 1890 deur muile en perde getrek. Later is hul vervang deur stoomlokomotiewe - die laaste van hierdie, die Clara, staan ​​op Nababeep.

Vandag[wysig]

Deesdae word padvervoer gebruik word om die erts te vervoer tot by die stasie op Bitterfontein. Die ander hoofmyne in die gebied is by Carolusberg en Nababeep. Weens die koperprys se val onder die winsgewende vlak, is mynbou in 1918 gestaak. Okiep het byna 'n soort spookdorp geword, maar mynbedrywighede is hervat toe die prys weer gestyg het.

Die Okiep Country Hotel is die enigste toeriste-akkommodasie in Okiep.

Die vlaktes in die omgewing spog in die lentetyd met hulle wildeblommeprag.

Sien ook[wysig]