Olifantsrivier, Wes-Kaap - Namakwaland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Olifantsrivier
Olifants River
Die Olifantsrivier vloei deur die Sederberg 'n paar kilometers van Citrusdal.
Die Olifantsrivier vloei deur die Sederberg 'n paar kilometers van Citrusdal.
Hoofrivier Olifantsrivier
Oorsprong Skurweberg
Sytak -links Modderrivier
Sytak -regs Doringrivier
Monding Papendorp
Atlantiese Oseaan
Stroomgebied Wes-Kaap
Lengte 265 km (165 myl)
Monding-hoogte 0
Stroomgebiedopp. 46 220 km² (17 846 myl²)
Ligging van Olifantsrivier op 'n kaart (Wes-Kaap)
Olifantsrivier
Olifantsrivier
Koördinate: 31°42′27″S 18°12′6″O Koördinate: 31°42′27″S 18°12′6″O

Die Olifantsrivier (Engels: Olifants River) is 'n rivier in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Naam[wysig]

Die rivier het sy naam gekry van adelbors Jan Danckaert wat beweer dat hy 'n trop van 300 olifante hier gesien wei het op sy eerste ontdekkingsreis in die gebied.[1][2]

Ontspring[wysig]

Die rivier ontspring tussen Ceres en Citrusdal, net wes van die Skurweberg en noord van die Witzenberg by 31°10′22″S 19°12′34″E .

Roete[wysig]

Die rivier vloei 265 km ver meestal noord en net oos van die Olifantsrivierberge, deel van die Groot Winterhoekberge, verby. Dit vloei noord deur Citrusdal en bly hiervandaan net oos van die N7 nasionale pad en wes van die Sederberg, deur die Clanwilliamdam, verby Clanwilliam en hou steeds oos van die N7 tot amper by Klawer. Nét voor Klawer vloei die rivier onderdeur die N7, draai wes verby Vredendal, draai weer suid by Koekenaap en mond uit by 31°42′27″S 18°12′6″O digby Papendorp in die Atlantiese Oseaan, sowat 250 km noord van Kaapstad.

Sytakke[wysig]

Takke van die Olifantrivier is die:

Visse[wysig]

Die volgende visspesies is endemies aan die rivier:

Verwysings[wysig]