Olimpiese Somerspele 1952

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Spele van die XVe Olimpiade
Olimpiesespele van 1952

Gehou in Helsinki, Finland
Deelnemende lande 69
Deelnemende atlete 4 925 (4 407 mans, 518 vroue)
Items 149 in 17 sporte
Openingseremonie 19 Julie 1952
Sluitingseremonie 3 Augustus 1952
Amptelik geopen deur President Juho Kusti Paasikivi
Atlete-eed Heikki Savolainen (gimnastiek)
Beampte-eed
Olimpiese vlam Paavo Nurmi en Hannes Kolehmainen (atletiek)
Vorige Spele 1948: Londen (Verenigde Koninkryk)
Volgende Spele 1956: Melbourne (Australië)

Die Olimpiese Somerspele van die XVe Olimpiade word in 1952 in Helsinki, Finland gehou. Helsinki word gekies bo Amsterdam en vyf Amerikaanse stede op 21 Junie, 1947 op het veertigste IOK-kongres. Die spele was in 1940 ook aan Helsinki toegeken, maar hulle kon toe vanweë die Tweede Wêreldoorlog nie daarmee voortgaan nie.

Suid-Afrikaanse deelname[wysig]

Suid-Afrika wen tien medaljes.

Boks[wysig]

Theunis J. van Schalkwyk (ligmiddelgewig) wen silwer, Andries C. Nieman (swaargewig), William Michael Towell (vlieggewig) en Leonard John Leisching (veergewig) die brons medaljes.

Fietsry[wysig]

Die Suid-Afrikaanse mansspan wen die silwer medalje in die 2000 m (tandem) en 4000 m en Raymond Leonard Robinsen wen die brons medaje in die 1 km tydtoets.

Swem[wysig]

Joan Cynthia Harrison wen die goue medalje in die 100 m rugslag.

Atletiek[wysig]

Ester Cornelia Brand wen goud in hoogspring en Daphne Robb-Hasenjär die silwer medalje in die 100m wedloop.

Aantal medaljes[wysig]

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Verenigde State Verenigde State - 40 19 17 76
2 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie - 22 30 19 71
3 Vlag van Hongarye Hongarye - 16 10 16 42
4 Vlag van Swede Swede - 12 13 10 35
5 Vlag van Italië Italië - 8 9 4 21
6 Vlag van Tjeggoslowakye Tjeggoslowakye - 7 3 3 13
7 Vlag van Frankryk Frankryk - 6 6 6 18
8 Vlag van Finland Finland - 6 3 13 22
9 Vlag van Australië Australië - 6 2 3 11
10 Vlag van Noorweë Noorweë - 3 2 0 5
12 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika - 2 4 4 10
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896 · 1900 · 1904 · 1906* · 1908 · 1912 · 1916 · 1920 · 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1996 · 2000 · 2004 · 2008 · 2012 · 2016 · 2020

Olimpiese Winterspele: 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1994 · 1998 · 2002 · 2006 · 2010 · 2014 · 2018 · 2022
Internasionale Olimpiese Komitee - Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.