Olimpiese Winterspele 2010

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
XXIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2010

Gehou in Vancouver, Kanada
Deelnemende lande 82
Deelnemende atlete 2 566
(1044 vroue, 1522 manne)[1]
Items 86 in 7 sportsoorte
Openingseremonie 12 Februarie 2010
Sluitingseremonie 28 Februarie 2010
Amptelik geopen deur Michaëlle Jean[2]
Atlete-eed Hayley Wickenheiser
Beampte-eed Michel Verrault
Olimpiese vlam Catriona LeMay-Doan
Steve Nash
Nancy Greene
Wayne Gretzky
Vorige Spele 2006: Turyn (Italië)
Volgende Spele 2014: Sotsji (Rusland)

Die XXIe Olimpiese Winterspele is in Vancouver, Kanada van 12 tot 28 Februarie 2010 aangebied. Die Spele is tydens die 115de IOK sitting in Praag op 2 Julie 2003 aan Vancouver toegewys. Ander kandidate was: Andorra la Vella (Andorra), Bern (Switserland), Harbin (Sjina), Jaca (Spanje), Pyeongchang (Suid-Korea), Salzburg (Oostenryk) en Sarajevo (Bosnië-Herzegowina).

Die Olimpiese Winterspele 2010 is die derde Olimpiese Spele wat deur Kanada georganiseer is. Die eerste was die Olimpiese Somerspele 1976 in Montréal en die tweede was die Olimpiese Winterspele 1988 in Calgary.

Die 2010 Paralimpiese Spele is van 12 Maart tot en met 21 Maart in Vancouver gehou.

Sportsoorte[wysig]

Ses-en-tagtig sportsoorte het deel uitgemaak van die 2010 Olimpiese Winterspele. Die agt sportsoorte wat gekategoriseer is as yssportsoorte is: Bobslee, rodel (luge), skeleton, yshokkie, kunsskaats, langbaanskaats (speed skating), kortbaanskaats (shorttrack) en ysbal (curling). Die drie sportsoorte wat as alpyns, ski en sneeuplank gekategoriseer is, is: Alpeski, freestyle-ski en sneeuplankry. Die vier sportsoorte wat as Nodries gekategoriseer is,is: tweekamp, heg-en-steg-ski, skansspring en Noorse kombinasie

  • Alpine skiing pictogram.svg Alpeski
  • Biathlon pictogram.svg Tweekamp
  • Bobsleigh pictogram.svg Bobslee
  • Cross country skiing pictogram.svg Heg-en-steg-ski
  • Curling pictogram.svg Ysbal
  • Figure skating pictogram.svg Kunsskaats
  • Freestyle skiing pictogram.svg Freestyle-ski
  • Ice hockey pictogram.svg Yshokkie
  • Luge pictogram.svg Rodel
  • Nordic combined pictogram.svg Noorse Kombinasie
  • Short track speed skating pictogram.svg Kotbaanskaats
  • Skeleton pictogram.svg Skeleton
  • Ski jumping pictogram.svg Skansspring
  • Snowboarding pictogram.svg Sneeuplank
  • Speed skating pictogram.svg Langbaanskaats


Aantal medaljes[wysig]

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

Lande, wat aan die Olimpiese Winterspele 2010 deelgeneem het
 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Kanada Kanada (gasheer) 206 14 7 5 26
2 Vlag van Duitsland Duitsland 153 10 13 7 30
3 Vlag van Verenigde State Verenigde State 215 9 15 13 37
4 Vlag van Noorweë Noorweë 99 9 8 6 23
5 Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 46 6 6 2 14
6 Vlag van Switserland Switserland 146 6 - 3 9
7 Vlag van die Volksrepubliek van Sjina Volksrepubliek van Sjina 90 5 2 4 11
Vlag van Swede Swede 106 5 2 4 11
9 Vlag van Oostenryk Oostenryk 81 4 6 6 16
10 Vlag van Nederland Nederland 34 4 1 3 8
- Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 2 - - - -

Verwysings[wysig]

  1. (en) The Olympic Winter Games Factsheet”. International Olympic Committee. URL besoek op 7 Februarie 2014.
  2. (en) Governor General to Open the Vancouver 2010 Olympic Winter Games”. Governor General of Canada: 8 Februarie 2010. URL besoek op 7 Februarie 2014.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896 · 1900 · 1904 · 1906* · 1908 · 1912 · 1916 · 1920 · 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1996 · 2000 · 2004 · 2008 · 2012 · 2016 · 2020

Olimpiese Winterspele: 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1994 · 1998 · 2002 · 2006 · 2010 · 2014 · 2018 · 2022
Internasionale Olimpiese Komitee - Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.