Ollie le Roux

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ollie le Roux Sportportaal
Volle naam André-Henri le Roux
Geboortedatum 10 Mei 1973 (1973-05-10) (41 jaar oud)
Geboorteplek Fort Beaufort (Suid-Afrika)
Lengte 1,82 m
Gewig 136 kg
Skool Grey-kollege
Universiteit Universiteit van die Vrystaat
Beroep Professionele rugbyspeler, boer
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Stut, Haker
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Shimlas
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2008-2009 Leinster
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
 ?, 2005-2008
1996-2003
VS Cheetahs
Natal
korrek soos op 19 Maart 2013.
Superrugby
Jare Klub / span Weds (pte)
1996-2003
2005
2006-2007
Sharks
Cats
Cheetahs
 ?
3
21
 ?)
(0)
(5
korrek soos op 20 Maart 2013.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1994-2002 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 54 5
korrek soos op 20 Maart 2013.

Ollie le Roux (* 5 Mei 1973, Fort Beaufort) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en voormalige Springbok. Hy het die Natalse Haaie en Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse verteenwoordig en ook vir die Sharks, Cats en Cheetahs in die Superrugbykompetisie uitgedraf.

Toe hy op skool was het Le Roux provinsiale kleure gekry in rugby, waterpolo en muurbal.[1] Hy het in 1991 gematrikuleer en vir die eerste keer in 1994 vir die Springbokke gespeel en het in totaal in 54 toetse uitgedraf. Hy is die jongste stut wat nóg vir die Springbokke gespeel het en hy is ook die Springbok wat die meeste wedstryde as reserwe begin het (43). Le Roux het op uitnodiging vir die Barbarians gespeel[2] en in 2008 vir Leinster in die Heinekenbeker en die Magners-liga.

In 2011 het Le Roux hom as skrumkonsultant by die Griekwas aangesluit vir drie jaar.[3] In 2012 het hy aan die Ysterman-kompetisie in Port Elizabeth deelgeneem en dit in 16uur en 30 minute voltooi.[4]

Buiten die konsultasiewerk is Le Roux sedert sy uittrede ’n hoenderboer buite Bloemfontein.[1]

Verwysings[wysig]

  1. Citefout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Lotter
  2. (en) O’Rielly, Peter (4 November 2007). “Ollie le Roux is honger vir meer”. The Sunday Times. URL besoek op 24 Desember 2010.
  3. (en) Karstens, Gerdie (1 Februarie 2011). “Ollie gewerf deur Griekwas”. (html) Sport24. URL besoek op 20 Maart 2013.
  4. Bürger, Vicus (24 April 2012). “Ollie in trane na taai stryd”. Beeld. URL besoek op 20 Maart 2013.

Eksterne skakels[wysig]