Omgewingsgesondheid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Omgewingsgesondheid (Engels: Environmental Health) is die afdeling van publieke gesondheid wat gemoeid is met alle aspekte van die natuur en die opgeboude omgewing wat die mense se gesondheid mag affekteer. Ander terminologie wat op dissipline van omgewingsgesondheid wys sluit in: publieke omgewingsgesondheid, omgewingsgesondheid en omgewingsbeskerming.

Met die wêreld se groeiende bevolking word omgewingsgesondheid by die dag belangriker. Die aarde moet beskerm moet word om vir mense, diere en plante 'n "gesonde" tuiste te bied. Dit is veral belangrik om te let op die voorkoming, diagnose en behandeling van siektes wat verband hou met ongewenste omgewingsfaktore.

Omgewingsgesondheidpraktisyne[wysig]

Omgewingsgesondheidpraktisyne sluit beroepe soos sanitêrewerkers, publieke gesondheids inspekteurs, voedselinspekteurs omgewingsgesondheidspesialiste en omgewingsgesondheids offisiere in.

  • Voorkomende omgewingsgesondheid sluit in omgewingshigiëne, epidemiologiese en voorkoomings-medisyne swaartepunte (water-, grond-, lughigiëne en higiëne van voedsel, gebruiksartikels, bou- en setlaarshigiëne insluitend geraasbesoedeling, beskerming vanaf geïiniserende straling, gesondheislike verbruikersbeskerming).
  • Die klieniese omgewingsgesondheid sluit in die mediese versorging van enkel persone met gesondheids gebreke of opvallende ondersoekresultate in, waar deur hulleself of deur hulle mediese praktisyne 'n oorsaak van omgewingsfaktore uitgewys kan word.