Oostelike Klipklaasneus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Oostelike Klipklaasneus
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Macroscelidea
Familie: Macroscelididae
Genus: Elephantulus
Spesie: E. myurus
Binomiale naam
Elephantulus myurus
Thomas & Schwann, 1906
Verspreiding
Verspreiding

Die Oostelike Klipklaasneus (Elephantulus myurus) is 'n klaasneus wat in sentrale en noordelike Suid-Afrika en sentraal Zimbabwe voorkom.

Voorkoms[wysig]

Die soogdier is oor die algemeengryser as die ander klaasneuse. Hulle lewe in rotsskeure en is skemeraktief en hou daarvan om in die laat middagson te sit en bak. Hulle word 26 cm lank en ±60 g swaar.

Habitat en gewoontes[wysig]

Hulle kom meestal voor in rotsagtige areas en eet insekte met 'n voorkeur vir miere en termiete. Een tot twee kleintjies word in September tot April gebore.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Stuart, C., FitzGibbon, C., Perrin, M. & Smit, H. (2008). Elephantulus myurus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 29 Desember 2008.