Operasie Storm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Operasie Storm (Pools: "Plan Burza") was 'n reeks opstandings wat gelei was deur die Poolse Tuisleër ("Armia Krajowa)" tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Die hoofdoel van Operasie Storm was om beheer van stede en areas oor te neem waar Duitse magte besig was om voor te berei vir die verdediging teen die Sowjetse Rooi Leër, sodat die Poolse ondergrondse regering die mag kon oorneem voor die Sowjetse soldate gearriveer het.