Oppikoppi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Oppikoppi
Oppikoppi van bo af
Oppikoppi van bo af
Plek(ke) Northam, Suid-Afrika
Jare aktief Vanaf 1994
Gestig deur
Datum(s) Augustus
Genre Menigte - rock, jazz, house, akoesties, komedie, meer
Webwerf http://www.oppikoppi.co.za

Oppikoppi is 'n jaarlikse musiekfees wat naby die myndorpie Northam, in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika, gehou word. Die fees het aanvanklik begin deur slegs op rock musiek te fokus, maar het mettertyd al hoe meer genres begin byvoeg, en vandag spog die fees met 'n groot verskeidenheid van genres. Enigiets tussen jazz, wêreldmusiek, kwaito, akoestiese musiek en nog vele meer genres tree op die talle verhoë op. Jaarliks rondom Augustus besoek duisende mense die plaas en slaan kamp op in die bosveld om na die Suid-Afrikaanse musiek te luister. Die naam Oppikoppi is afgelei van de woorde "Op die koppie", waar "koppie" na die heuwel verwys waar die vertonings plaasvind. Die kampterrein is aan die voet van die heuwel, en bo-op die heuwel is 'n kroegstalletjie en 'n klein verhoog.

Die fees het vir die eerste keer in 1994 plaasgevind met 27 plaaslike kunstenaars en/of muskiekgroepe wat 'n klein dog entoesiastiese gehoor toegesing het. Die fees het intussen aansienlik gegroei, nuwe verhoë is bygebou en die jaarlikse skare beloop tans in die duisende: die beraamde jaarlikse gehoor kom neer op 15 000.[1] Daar is tans drie grasdakverhoë, 'n verhoog vir komediante en 'n verhoog vir "ietwat rustiger" musiek. Die fees word ook deur sommiges beskou as die primêre invloed wat Suid-Afrikaanse rock-musiek 'n hupstoot gegee het in die laat negentigerjare.

Oppikoppi spog jaarliks met 'n reeks uiteenlopende kunstenaars wat vele moderne genres uitvoer.

Name van feeste[wysig]

Elke Oppikoppi het tot dusver 'n ander naam en tema gehad. Hieronder volg 'n lys van elke Oppikoppi se naam soos wat dit verskyn op die amptelike Facebook-bladsy van Oppikoppi.[2]

Augustus[wysig]

  • 1995 Festival of Rock 1
  • 1996 Festival of Rock 2
  • 1997 One Big Bang
  • 1998 Bushveld Blast
  • 1999 Infestation
  • 2000 Trek 2000
  • 2001 Tuned
  • 2002 Plunge
  • 2003 Hond uit 'n Box
  • 2004 Oppikoppi 10: Blood is thicker than Soda Water
  • 2005 Wired
  • 2006 Rock, Paper, Scissors
  • 2007 Way Of The Dassie
  • 2008 Wildcard
  • 2009 Smoorverlief
  • 2010 sExY. cRoOkEd. tEeTh
  • 2011 Unknown Brother
  • 2012 Sweet\Thing

Paasnaweek[wysig]

  • 1998 African Savannas Easter
  • 1999 Ontlont!
  • 2000 How's Your Mother?
  • 2001 Patrolliehond
  • 2002 Willie Smit
  • 2003 If Not Tomorrow, Then The Next Day
  • 2004 Oppikoppi 10: You Check The Level, The Level Is Fine With Me
  • 2005 Dust On My Meerkat
  • 2006 Haat My Want Ek Vrees My Hasie
  • 2007 More Than Somewhat
  • 2008 VMMIJDKWMKAHOID’nAPMWEMP
  • 2009 Strictly Come Twakkie (Not quite Easter festival)

Ander[wysig]

  • 1995 (Nuwejaar) New Year's Bushveld Jol
  • 1996 (Nuwejaar) Moerrit Boetie New Year's Jol
  • 1997 (Nuwejaar) Inni Tanne New Year's Jol
  • 2003 (November) Beetroot*

*Was aangebied by die Pretoria skougronde

Kunstenaars[wysig]

Van die kunstenaars wat al by Oppikoppi opgetree het word hieronder gelys.

Verwysings[wysig]

  1. Studente reisinligting: Oppikoppi Bosveldfees. Laaste besoek op 23 Julie 2007.
  2. Oppikoppi previous festival names”. Oppikoppi Productions. URL besoek op 09 Mei 2011.

Eksterne skakels[wysig]

Galery[wysig]

Koördinate: 24°53′02″S 27°08′10″O