Oranjerivier-Afrikaans

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die geolek Oranjerivier-Afrikaans het sy ontstaan te danke aan die taalkontak tussen Nederlandse nedersetters en die Khoenkhoens aan die Kaap. Dit is 'n soort aanleerdersvorm van Afrikaans wat gedurende die 19de eeu die oorspronlike Khoenkhoentale verdring het. Kenmerke is byvoorbeeld die meervoudsvorm -goed (soos in Ma-goed, meneergoed), klankverskille soos in kjerk en gjeld en verskillende vorme van -se om besit aan te dui (ons se ma).