Oranjerivierkolonie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Oranjerivierkolonie
Orange River Colony
Flag of the Orange Free State.svg
1902-1910 Red Ensign of South Africa 1910-1912.svg
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Volkslied: God Save the Queen/King
Ligging of Orange River Colony
Die Oranjerivierkolonie tussen 1902 en 1910
Hoofstad Bloemfontein
29°06′S 26°13′O
Taal/Tale Afrikaans, Nederlands, Engels, Suid-Sotho
Godsdiens Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikaanse Kerk
Regering Monargie
Koning
 - 1902–1910 Edward VII
 - 1910 George V
Goewerneur-Generaal
 - 1902-1905 Alfred Milner
 - 1905-1907 William Palmer
 - 1907-1910 Hamilton Goold-Adams
Eerste Minister
 - 1907-1910 Abraham Fischer
Historiese tydperk Wedloop om Afrika
 - Britse okkupasie
 - Stigting van die Oranjerivierkolonie 31 Mei 1902
 - Britse anneksasie 6 Oktober 1900
 - Verdrag van Vereeniging 31 Mei 1902
 - Self-regering 27 November
 - Stigting van die Unie van Suid-Afrika 31 Mei 1910
Bevolking
 - 1904 skatting 387 315[1] 
Geldeenheid Pond sterling

Die Oranjerivierkolonie (Engels: Orange River Colony) was 'n Britse kolonie wat geskep is met die anneksasie van die Oranje-Vrystaat in 1900, na die Boere-oorlog.

Lord Roberts het die Union Jack op 28 Mei 1900 oor Bloemfontein gehys, en anneksasie het amptelik van krag geword op 6 Oktober. Sir Alfred Milner is aangestel as goewerneur op 4 Januarie 1901, met Hamilton Goold-Adams as luitenant-goewerneur.

Teen 1904 het die gevoel vir een of ander vorm van selfregering sterk begin raak en is die Orangia Unie party gevorm om die ideë te bevorder. In die daaropvolgende jaar tree Milner af en word Lord Selborne die nuwe goewerneur. Die kolonie verkry selfregering in 1907, en op 27 November word Abraham Fischer van die Oranje Unie die eerste Eerste Minister. In 1910 sluit dit by die Unie van Suid-Afrika aan as die "Oranje-Vrystaat Provinsie". Die provinsie bly voortbestaan na 1994 as die Vrystaat.

Posseëls[wysig]

Onmiddellik na anneksasie het die Britte die republiek se seëls met "V.R.I." (Victoria Regina Imperatrix) oorgestempel. Daar was geringe variasies, sommige baie seldsaam en vandag uiters gesog. Seëls van die Kaapkolonie is ook oorgestempel, met "ORANGE RIVER COLONY" (10 Augustus, voor die kolonie amptelik bestaan het), en eers in 1903 het die Oranjerivierkolonie sy eie seëls gekry. Hierdie seëls het 'n portret van Koning Edward VII, saam met klein prentjies van 'n springbok en 'n wildebees. Dit is gebruik tot uniewording in 1910 en is vandag algemeen beskikbaar en goedkoop.

Verwysings[wysig]

  1. (en) Census of the British empire. 1901”. Openlibrary.org: 1906. URL besoek op 30 September 2014.