Oranjestreep-snellervis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Oranjestreep-snellervis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Tetraodontiformes
Familie: Balistidae
Genus: Balistapus
Tilesius, 1820
Spesie: B. undulatus
Binomiale naam
Balistapus undulatus
(Park, 1797)

Die Oranjestreep-snellervis (Balistapus undulatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika van die Rooi See tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Orangestriped triggerfish.

Voorkoms[wysig]

Die vis se kop en lyf is groenerig met geboë oranje strepe maar die mannetjie het nie oranje lyne oor die snoet nie. Die pektorale en stertvinne is oranje goud. Daar is 'n swart merk op die dorsale vin en die vis word tot 30 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis leef aan die buitekant van riwwe in water wat 10 – 50 m diep is. Die onvolwasse visse kruip in die oorhange van die koraal weg. Die mannetjie berei 'n nes voor deur op sy te lê en met die stert te klap; so word 'n holte op die bodem gemaak.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]