Osoogtarpon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Osoogtarpon
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Elopomorpha
Orde: Elopiformes
Familie: Megalopidae
Genus: Megalops
Spesie: Megalops cyprinoides
Binomiale naam
Megalops cyprinoides
(Broussonet, 1782)

Die Osoogtarpon (Megalops cyprinoides) is 'n vis wat slegs aan die ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom en is raar suid van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Oxeye tarpon.

Voorkoms[wysig]

Die vis se lyf is slank en dun. Die dorsale vin se laaste straal is lank en die stertvin is diep gevurk. Daar is geen skubbe op die kop nie, die oë en die bek is groot. Die vis het klein tande. Die vis is silwer van kleur. Dit kan tot 60 cm lank word en weeg dan 3 kg.

Habitat[wysig]

Die visse broei in die see en beweeg dan later na die kus waar hulle gevind word in riviere en getymondings. Die onvolwasse visse leef saam in varswater en vreet plankton. Die volwasse visse vreet vis, insek larwes en garnale. Die Osoogtarpon is een van die min see visse wat lug inasem, hulle beweeg gereeld na die oppervlaktte vir lug. Die swemblaas is aangepas hiervoor.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Eksterne skakel[wysig]