Osoonlaag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

In die stratosfeer van die atmosfeer word die osoonlaag aangetref. Die osoonlaag is veronderstel om reg oor die wêreld dieselfde digtheid te hê, maar as gevolg van besoedeling en ander faktore, het daar 'n gat in die osoonlaag ontstaan. Dit is 'n wêreldwye probleem.

Wêreldwyd is die klimaat besig om te verander. Die pool-ys smelt wat 'n styging in die seevlak veroorsaak. Boere se oeste word vernietig as gevolg van te veel reën. Dit lei na 'n afname in voedselproduksie wat lei tot 'n vermindering in bevolkingsgroei. Toerisme lei ook onder die "gat". Die afname in reënval beïnvloed watervalle, damme en riviere. Dit lei tot 'n afname in toeriste wat die gebiede besoek. Dié aspek affekteer die ekonomie van die land.

Impak op mense en diere[wysig]

Die mens staan 'n groter kans om velkanker op te doen as gevolg van die hoeveelheid UV-strale wat die aarde bereik. 'n Afname in fitoplankton lei tot 'n afname in seelewe. Vis-etende diere se voedsel word uit hulle monde geneem.

Moontlike oplossings[wysig]

Reeds in 1997 was die produksie van chloorfluoorkoolstowwe (CFK's) verban. Ongelukkig neem hierdie gasse 100 jaar om te verdwyn. Die gasse sal dus vir dekades lank nog die osoonlaag vernietig.

Petroleum word meer "atmosfeer vriendelik" gemaak, asook vele ander reukweerders ens.

Vordering van oplossings

  1. CFK's is reeds verban
  2. Osoonvriendelike produkte is reeds beskikbaar
  3. Petroleum is meer osoonvriendelik
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Osoonlaag (kategorie)