Outremont

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Outremont
Rue Bernard in Outremont
Rue Bernard in Outremont
Ligging van Outremont op die Montréal-eiland
Ligging van Outremont op die Montréal-eiland
Koördinate: 45°30′51″N 73°36′38″W
Land Vlag van Kanada Kanada
Provinsie Quebec
Region Montréal
Stigting 1833
Geïnkorporeer op 1 Januarie 2002
Regering
 - Burgemeester Marie Cinq-Mars
Oppervlak
 - Land 3,86 km² (1,49 vk m)
Bevolking (2011)
 - Stad 23 566
 - Digtheid 6 105,2/km² (15 812/vk m)
Tydsone EST (UTC-05:00)
 - Somer (DST) EDT (UTC-04:00)
Skakelkode(s) 514/438
Webwerf: outremont.ville.montreal.qc.ca

Outremont is 'n arrondissement (stadswyk) van die Kanadese metropool Montreal (Quebec) wat uit die gelyknamige voormalige stad bestaan. Dit is die tradisionele woonbuurt van Franssprekende welgesteldes en van 'n groot deel van die plaaslike Hasidiese Joodse gemeenskap. Outremont is die kleinste arrondissement van Montreal met 'n oppervlakte van 3,84 vierkante kilometer en 'n bevolking van 23 566 (in 2011).

Geografie[wysig]

Outremont was oorspronklik 'n selfstandige stad wat eers in 2002 saam met ander stede by Montreal ingesluit is. Die buurt lê noord van Montreal se middestad en aan die noordelike kant van die Mont-Royal (die buurt se naam beteken in Frans letterlik "anderkant die berg"). Die bergspits vorm ook Outremont se noordwestelike grens, terwyl dit in die noordooste deur Villeray-Saint-Michel-Parc-Extension en Rosemont-La Petite Prairie, in die ooste deur Le Plateau-Mont-Royal en die Mile-End-distrik, in die suide deur Ville-Marie en in die weste deur Côte-des-Neiges-Notre-Dame-de-Grâce begrens word. Die Mont-Royal-begraafplaas lê in die suidooste van Outremont.