Oyster Bay

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die kruising by Oyster Bay Road en Como Road

Oyster Bay is 'n woonbuurt in suidelike Sydney, in die deelstaat Nieu-Suid-Wallis, Australië. Oyster Bay is sowat 26 kilometer ten suide van Sydney se sentrale sakekern in die plaaslike regeringsgebied van Sutherland Shire geleë.

Ligging[wysig]

Huise langs die oewer van die Georges-rivier in Oyster Bay

Oyster Bay is 'n natuurlike baai aan die suidekant van die Georges-rivier. Die woorbuurt ontleen sy naam van die waterweg.

Green Point en Caravan Head is noemenswaardige plekke in Oyster Bay. Green Point is die tuiste van die Green Point Sterrewag, die tuiste van die Sutherland Shire sterrekundige vereniging. Coronation Bay is ook op die Georges-rivier tussen Green Point en Caravan Head geleë. By Coronation Bay is 'n groot mangrove gebied wat 'n diverse en dinamiese ekostelsel vorm wat 'n groot verskeidenheid voëlspesies ondersteun. Carina Bay is aan die westelike grens van die woonbuurt geleë.[1]

Geskiedenis[wysig]

Oyster Bay ontleen sy naam van die oesters wat in die baai gevind is. Die naam het reeds op kaarte verskyn wat deur 'n landmeter genaamd Wells in 1840 opgestel is. Die woonbuurt se naam is amptelik in 1933 erken.

Sakegebied[wysig]

'n Klein winkelsentrum is geleë op die kruising van Como Road en Oyster Bay Road. Dit sluit in 'n poskantoor, 'n apteek, 'n drankwinkel, 'n supermark, haarkappers, 'n nuusagentskap en 'n bakkery in.

Kerke[wysig]

Kerke in Oyster Bay sluit in die St Joseph Katolieke Kerk op die grens met Como, die Oyster Bay Baptiste Kerk te Green Point en Kingsway Community Church. Daar is ook 'n gemeenskapsaal in die woonbuurt.

Skole[wysig]

Oyster Bay het 'n laerskool met dieselfde naam asook twee kleuterskole.

Bevolking[wysig]

Volgens die 2006 sensus was daar 4907 mense wat in Oyster Bay woonagtig was. 15% van die mense is oorsee gebore met die grootste groepe vanaf die Verenigde Koninkryk 5.1%, Nieu-Seeland 1.2% en Suid-Afrika 0.6%. Engels is as die enigste taal aangegee in 90.7% van die huishoudings met die mees algemeenste ander tale Grieks 1.8%, Italiaans 0.9 % en Kantonees 0.7% Die algemeenste kerkverbande was Rooms-Katoliek 31.7%, Anglikaans 26.6% en Uniting Church 5.4%.[2]

Eksterne Skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. The Book of Sydney Suburbs, Saamgestel deur Frances Pollon, Angus & Robertson Publishers, 1990, Gepubliseer in Australië ISBN 0-207-14495-8, bladsy 195
  2. http://id.com.au/dosydney/default.aspx?pg=1&gid=4690