Pakhuispas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pakhuispas
Ligging Tussen Clanwilliam en Calvinia
Maksimum helling 1:9
Lengte 25km
Oppervlak Teer
Ingenieur Thomas Bain
Voltooi in 1877
In Sederberg
Pad R364

Die Pakhuispas is 'n bergpas in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die pas dra die R364 oor die Pakhuisberge, die noordelike uitlopers van die Sederberg en verbind Clanwilliam met Calvinia. 'n Afdraaipad suidoos lei na die Biedouwvallei en Wupperthal. Die pas is 25 km lank, bereik 'n hoogte van 905m bo seespieël en is met 'n helling van 1:9 besonder steil.

Geskiedenis[wysig]

Die pas is gebou deur Thomas Bain. Dit het hom drie jaar geneem om die pas te voltooi en die pas is in 1877 geopen. In die 1960's is verbeteringe vir die eerste keer aangebring is; 'n bewys van Thomas Bain se vakmanskap.

Die pas is in sy geheel gedurende 2009 geteer.

Trivia[wysig]

Gedurende die konstruksietyd het Thomas Bain verskeie belangrike rotstekeninge van die San in die omgewing ontdek. Sowat 15 km vanaf Clanwilliam gaan die pad verby die graf van C Louis Leipoldt, bekende Suid-Afrikaanse digter. Daar is ook verskeie staproetes in die omgewing.[1][2]

SAAF 647[wysig]

Gedurende Desember 1946 het 'n Junkers JU-86 vliegtuig (vlug SAAF 647) van die Suid-Afrikaanse Lugmag in die 1 077 hoë Pakhuispiek vasgevlieg. Almal aan boord het gesterf. Die vliegtuig was op pad na Kaapstad vanaf Pretoria met 'n vrag laaghout aan boord. Dit was die betrokke dag mistig gewees in die omgewing.[3]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Passes & Poorts. Marion Whitehead. 2010. ISBN 978-1-77009-805-3
  2. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
  3. Weg! Mei 2012 uitgawe. ISBN 977-1-81022-900-4