Palais de la Legion d’Honneur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Aanbou van die Palais de la Legion d’Honneur in die 19de eeu

Die Palais de la Legion d’Honneur (Frans vir "Paleis van die Erelegioen") is geleë op die wesoewer van die Seine-rivier in Parys. Die gebou huisves die Museum van die Erelegioen (Musee national de la Legion d’ Honneur) en is een van die setels van die legioen. Die paleis is tussen 1782 en 1787 gebou vir die Duitse Prins Frederik III en is ontwerp deur Pierre Rousseau. Die Franse rewolusionêre regering het die paleis genasionaliseer. Op 13 Mei 1804 het dit die hoofkwartiere van die legioen geword.