Paralimpiese Winterspele 2002

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
VIIIe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2002

Gehou in Salt Lake City, VSA
Deelnemende lande 36
Deelnemende atlete 416
Items 5 sportsoorte
Openingseremonie 7 Maart 2002
Sluitingseremonie 16 Maart 2002
Amptelik geopen deur President
George W. Bush
Atlete-eed Yonoe Ryuei
Beampte-eed
Olimpiese vlam Muffy Davis en
Chris Waddell
Vorige Spele 1998: Nagano (Japan)
Volgende Spele 2006: Turyn (Italië)

Die VIIIe Paralimpiese Winterpele is in 2002 in Salt Lake City, Verenigde State van Amerika aangebied. Ragnhild Myklebust van Noorweë het vyf goue medaljes in ski en tweekamp gewen, wat hom die mees suksesvolle Paralimpiese atleet tot nog toe gemaak het met 22 medaljes (17 goues)[1]. Die Spele is gehou in die Rice-Eccles stadion en die amptelike gelukbringer was Otto die otter.

Sportsoorte[wysig]

Die spele het bestaan uit vier dissiplines in drie sportsoorte.[2]

  • Alpeski
  • Slee yshokkie
  • Nordiese ski
    • Tweekamp
    • Heg-en-steg-skiwedloop

Aantal medaljes[wysig]

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1. Vlag van Duitsland Duitsland 27 17 1 15 33
2. Vlag van Verenigde State VSA 57 10 22 11 43
3. Vlag van Noorweë Noorweë 27 10 3 6 19
4. Vlag van Oostenryk Oostenryk 22 9 10 10 29
5. Vlag van Rusland Rusland 26 7 9 5 21
6. Vlag van Kanada Kanada 27 6 4 5 15
7. Vlag van Switserland Switserland 18 6 4 2 12
8. Vlag van Australië Australië 6 6 1 0 7
9. Vlag van Finland Finland 14 4 1 3 8
10. Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 2 4 0 2 6
11. Vlag van Italië Italië 13 3 3 3 9
12. Vlag van Spanje Spanje 8 3 3 2 8
13. Vlag van Frankryk Frankryk 18 2 11 6 19
14. Vlag van Tsjeggië Tsjeggiese Republiek 6 2 1 2 5
15. Vlag van Nederland Nederland 4 1 3 0 4
16. Vlag van Belarus Belo-Rusland 4 1 1 0 2
17. Vlag van Pole Pole 14 1 0 2 3
18. Vlag van Oekraïne Oekraïne 10 0 6 6 12
19. Vlag van Swede Swede 19 0 6 3 9
20. Vlag van Slowakye Slowakye 14 0 3 6 9
21. Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 6 0 1 0 1
22. Vlag van Japan Japan 36 0 0 3 3
- Vlag van Andorra Andorra 2 0 0 0 0
- Vlag van Armenië Armenië 6 0 0 0 0
- Vlag van Bulgarye Bulgarye 1 0 0 0 0
- Vlag van Chili Chili 2 0 0 0 0
- Vlag van Denemarke Denemarke 1 0 0 0 0
- Vlag van Estland Estland 13 0 0 0 0
- Vlag van Griekeland Griekeland 1 0 0 0 0
- Vlag van Hongarye Hongarye 1 0 0 0 0
- Vlag van Iran Iran 1 0 0 0 0
- Vlag van Kasakstan Kazakstan 1 0 0 0 0
- Vlag van Kroasië Kroasië 2 0 0 0 0
- Vlag van Volksrepubliek van Sjina Volksrepubliek van Sjina 4 0 0 0 0
- Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 1 0 0 0 0
- Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 2 0 0 0 0
- Totaal (36 Lande) 416 92 93 92 276

Simbool en logo van die spele[wysig]

Die logo van die Salt Lake 2002 Paralimpiese Winterspele bestaan uit drie duidelike merke. Die sfeer aan die bokant verteenwoordig die kop van die Paralimpiese atleet en simboliseer ook die wêreldwye eenheid van die Paralimpiese Beweging. Die twee breë "vloeistof"-lyne verteenwoordig die atleet in beweging. Die drie taegeuks (druppelvormige figure) onder die atleet maak die groen, rooi en blou merke van die Paralimpiese Vlag na.

Die gelukbringer vir die Paralimpiese Winterspele in Salt Lake City 2002 was Otto die otter. Antieke Indiaanse stamme het die otter as een van die magtigste diere beskou. Na die rivierotter amper uitgesterf het weens besoedeling en lokvalle is dit in Utah herbekendgestel en kan aan die oewers van die Greenrivier en naby die Brandende Ravyn (Flaming Gorge) Reservoir gesien word. Die Otter is gekies as die amptelike gelukbringer van die Salt Lake 2002 Paralimpiese Winterspele omdat dit lewenskrag en behendigheid verpersoonlik en omdat dit die gees van elke Paralimpiër verteenwoordig.

Eksterne skakels[wysig]

Sien ook[wysig]

Sien gerus die Engelse Wikipediablad vir 'n voorbeeld van die logo en gelukbringer, [1]

Verwysings[wysig]


Paralimpiese Spele Logo van die Paralimpiese Spele

Somerspele: Rome 1960 - Tokio 1964 - Tel Aviv 1968 - Heidelberg 1972 - Toronto 1976 - Arnhem 1980 - New York & Stoke Mandeville 1984 - Seoel 1988 - Barcelona 1992 - Atlanta 1996 - Seoel 2000 - Athene 2004 - Beijing 2008 - Londen 2012 - Rio de Janeiro 2016 - Tokio 2020
Winterspele: Örnsköldsvik 1976 - Lake Placid 1980 - Innsbruck 1984 - Innsbruck 1988 - Tignes-Albertville 1992 - Lillehammer 1994 - Nagano 1998 - Salt Lake City 2002 - Turyn 2006 - Vancouver 2010 - Sotsji 2014 - Pyeongchang 2018
Internasionale Paralimpiese Komitee - Nasionale Paralimpiese Komitee