Parsek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Swaartekrag hou die planete in hul wentelbane om die son.

’n Parsek is ’n afstandseenheid wat in die sterrekunde gebruik word. Een parsek is 3,26 ligjare, wat net minder is as 31 biljoen (3.1×1013) kilometer. Dit is die afstand wat gemeet word as die gemete hoek α in die tekening aan die regterkant 1 boogsekonde (1/3600°) is.

Die term is in 1913 geskep as ’n afkorting van "’n afstand wat ooreenstem met ’n parallaks van een sekonde".[1]

Berekening[wysig]

As die afstand van die aarde na die son 1.5×1011 meter is.

α = 1 boogsekonde = 1/3600° = 0.000277778° = 2.778×10−4 °

Dus:

 \tan \alpha\ = \frac{ r }{ x }

 x = \frac{r}{ \tan \alpha\ } = \frac{1.5 \times 10^{11}}{ \tan \frac{1}{3600}} = 3.09 \times 10^{16} \ m

Een ligjaar is 3×108 m/s [spoed van lig] × 3600 s/h × 24 h/dag × 365 dae/jaar = 9.46×1015 meter

Dus: 1 parsek = 3.09×1016 m / 9.46×1015 m/ligjaar = 3.26 ligjaar

Verwante artikels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Dyson, F.W., Stars, Distribution and drift of, The distribution in space of the stars in Carrington's Circumpolar Catalogue. In: Monthly Notices of the Royal Astronomical Society, Vol. 73, bl. 334-342. Maart 1913. [1]