Patrice Motsepe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Patrice Tlhopane Motsepe
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Patrice Motsepe in 2009

Gebore 28 Januarie 1962
Soweto, Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Titel Uitvoerende voorsitter van "Arm Gold"
Huweliksmaat Precious Makgosi

Patrice Tlhopane Motsepe (gebore op 28 Januarie 1962) is Suid-Afrikaanse sakeman en mynmagnaat. Hy is die stigter en uitvoerende voorsitter van African Rainbow Minerals, 'n groot mynkorporasie. Hy is ook 'n uitvoerende beampte van ander mynmaatskappye in Suid-Afrika. Hy besit ook die sokkerklub Mamelodi Sundowns. In 2013 kondig hy aan dat hy "The Giving Pledge" onderteken het, en soos Warren Buffett en Bill Gates die helfte van sy rykdom aan liefdadigheid sal skenk.