Patrick Lambie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Patrick Lambie Sportportaal
Volle naam Patrick Lambie
Bynaam Pat
Geboortedatum 17 Oktober 1990 (1990-10-17) (23 jaar oud)
Geboorteplek Durban, Suid-Afrika
Lengte 1,77 m
Gewig 87 kg
Skool Clifton Preparatory School
Michaelhouse College
Beroep Professionele rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Losskakel; Heelagter
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2010- Natalse Haaie 29 (324)
korrek soos op 26 Oktober 2013.
Superrugby
Jare Klub / span Weds (pte)
2010- Sharks 50 515
korrek soos op 7 Julie 2013.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2010- Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 32 68
korrek soos op 25 November 2013.
Patrick Lambie op die veld in die Springboktrui.

Patrick Lambie (17 Oktober 1990, Durban) is 'n Suid-Afrikaanse beroepsrugbyspeler. Hy speel op losskakel vir die Sharks (in die Superrugbykompetisie) en die Natal Haaie in die Curriebekerreeks. Hy het al 32 rugbytoetse vir die Springbokke gespeel, meestal op heelagter of losskakel, en gereeld ook as plaasvervanger vir dieselfde twee posisies.[1]

Jeug[wysig]

Hy matrikuleer in 2008 by die prestige privaatskool Michaelhouse te Balgowan in die KwaZulu-Natal Middelande. Hy was hoofseun en kaptein van die skool se die eerste krieket- en rugbyspan in sy matriekjaar. Hy speel ook vir die SA Skolespan en was beide KwaZulu-Natal krieket- en Cravenweekkaptein.

Springbok[wysig]

Lambie maak sy debuut vir die Springbokke op 6 November 2010 teen Ierland in Dublin. Daarna is hy 'n plaasvervanger in twee Drienasies-toetse en in die begin-vyftiental op losskakel teen die All Blacks op 30 Julie 2011. Tydens die Rugbywêreldbeker 2011 het Lambie op heelagter gespeel in al die groepfase wedstryde asook in die kwarteindstryd, waartydens Australië ongelukkig die Springbokke uitgeskakel het.

Lambie se veelsydige spel en sy vyfde plek op die puntetabel in superrugby het bygedra dat hy ingesluit is in die Springbokgroep vir Engeland se toer na Suid-Afrika in 2012. Hy draf op die veld ná rustyd met die telling gelyk op 6-6; daarna verseker hy die Springbokke se oorwinning van 22-17 oor Engeland. Dit was sy twaalfde toets.

Hy word ingesluit as die Springbokke se plaasvervanger-heelagter vir die Castle Rugbykampioenskap in 2012. Lambie word heelaas in Augustus 2012 op die reserwebank gehou terwyl Zane Kirchner, die eerste-keuse heelagter, in die twee wedstryde teen Argentinië op die veld is. Op 6 Oktober 2012 verskyn hy in die 64de minuut op die veld as plaasvervanger-heelagter teen Nieu-Seeland in die ENB-stadion te Soweto.

Hy word gekies as Springbok-losskakel en-stelskopper vir die oorsese toer na die Britse Eilande en Ierland gedurende November 2012, en behaal 11 punte in elk van die drie toetse, dus 33 punte op die toer.

Patrick Lambie word erken vir sy bestendige en uitsonderlike spel in 2012 deur 'n nominasie as SARU se Speler-van-die-Jaar.

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]