Patrizio Buanne

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Patrizio Buanne
Patrizio Buanne.JPG
Patrizio Buanne in Thailand, 2005
Geboortenaam Patrizio Franco Buanne
Geboorte 20 September 1978
Napels, Italië
Genre(s) Minnesanger
Volwasse Eietydse Musiek
Popmusiek
Goue Oues
Tipe stem Bariton
Instrument(e) Sang, Kitaar
Aktiewe jare 1991 — hede
Uitgewer(s) Globe Records, Warner Music Entertainment.
Webwerf http://patriziobuanne.com/
Portal.svg Musiekportaal

Patrizio (gebore Patrizio Franco Buanne, 20 September 1978) is 'n Italiaanse bariton, liedjieskrywer en musiekvervaardiger. Sy sake was voorheen behartig deur Globe Records, 'n afdeling van Universal Music, maar daar is onlangs 'n nuwe aanbod met Warner Music Entertainment beklink.

Lewenskets[wysig]

Patrizio Buanne het in sy kinderjare tussen Napels (sy tuisstad) en Wene (waar sy ouers 'n restaurant besit het) grootgeword. Deur hierdie heen-en-weer pendel het hy 'n vurige liefde vir tale ontwikkel. Maar daar het op 'n vroeë ouderdom ook 'n ander talent na vore begin tree - sy talent om te sing en te vermaak.

Patrizio het Suid-Afrika einde Oktober 2011 vir die sesde keer besoek, met 'n album wat hy spesiaal vir Suid-Afrikaners saamgestel het - die helfte van die liedjies in Afrikaans. Nie alleen was hy die eerste internasionale sanger wat by Huisgenoot-Skouspel opgetree het nie, maar vir homself was dit ook die eerste keer dat hy Afrikaans op die verhoog gesing het.

Volgens Buanne was dit vir hom moeilik om Afrikaans onder die knie te kry[1]:

Cquote1.svg

Ek het baie moeite gedoen om die uitspraak perfek te kry. Maar Afrikaans is ’n baie moeilike taal. ’n Mens moet respek hê vir ’n taal wat jy gebruik. Ek praat Italiaans, Spaans, Frans, Duits, Engels en Pools. Tale is my groot liefde.

Cquote2.svg

Hy is ook bevriend met verskillende Afrikaanse sangers, versamel plaaslike wyne en het 'n hoë dunk van Suid-Afrikaners. [2] Sy tweede album, Forever Begins Tonight het platinum-status in Suid-Afrika bereik. [3]

Verwysings[wysig]