Paul Roux

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Paul Roux
Ligging van Paul Roux op 'n kaart (Vrystaat)
Paul Roux
Paul Roux
 Paul Roux se ligging in Vrystaat
Koördinate: 28°18′S 27°57′O Koördinate: 28°18′S 27°57′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distrik Thabo Mofutsanyane
Munisipaliteit Dihlabeng
Stigting 1909
Oppervlak[1]
 - Dorp 6,6 km²  (2,5 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 6 152
 - Digtheid 932/km² (2 413,9/myl2)
Ras (2011)
 • Swart 91.6%
 • Kleurling 1.8%
 • Indiër/Asiër 0.4%
 • Blank 5.9%
 • Ander 0.2%
Taal (2011)[1]
 • Sotho 88.2%
 • Afrikaans 7.1%
 • Gebaretaal 1.8%
 • Engels 1.1%
 • Ander 1.8%
Poskode (straat) 9800
Poskode (posbus) 9800
Skakelkode(s) 058
Die dorp is genoem na genl. ds. Paul Roux.

Paul Roux is 'n dorp in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is in 1909 gestig op die plaas Wassou maar was eers Duplessisville genoem ter ere van ene Frans du Plessis. Die plek wat gekies is, was 'n rusplek van die vroeë Voortrekkers, togryers en poskarryers. Die dorp is later na ds. Paul Roux genoem wat 'n generaal in die Tweede Vryheidsoorlog was. Paul Roux is bekend vanweë historiese dinosourusvoetspore wat op 'n plaas in die omgewing te sien is, asook die feit dat 'n voormalige Eerste Minister en later Staatspresident van Suid-Afrika, PW Botha, op die plaas Telegraaf naby die dorp gebore is.

Omgewing[wysig]

Die dorp is bekend vir sy sandsteengeboue. Gemengde boerdery word in die omgewing beoefen. Populierbome word gekweek waarvan vuurhoutjies vervaardig word. Die N5 nasionale pad gaan deur die dorpie.

Bekende boorlinge[wysig]

P. W. Botha - Eerste minister en staatspresident van Suid-Afrika.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 Som van die hoofplekke Paul Roux en Fateng Tse Ntsho tydens die 2011-sensus.