Paulpietersburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Paulpietersburg
Uitsig oor Hoogstraat met Dumbeheuwel in die agtergrond
Uitsig oor Hoogstraat met Dumbeheuwel in die agtergrond
Ligging van Paulpietersburg op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Paulpietersburg
Paulpietersburg
 Paulpietersburg se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 27°25′S 30°49′O Koördinate: 27°25′S 30°49′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distrik Zululand
Munisipaliteit eDumbe
Stigting 1888[1]
Oppervlak[2]
 - Dorp 36,56 km²  (14,1 vk m)
Bevolking (2011)[2]
 - Dorp 1 859
 - Digtheid 51/km² (132,1/myl2)
Ras (2011)[2]
 • Swart 56.7%
 • Kleurling 1.0%
 • Indiër/Asiër 1.5%
 • Blank 37.3%
 • Ander 3.6%
Taal (2011)[2]
 • Zoeloe 48.8%
 • Afrikaans 23.1%
 • Engels 11.5%
 • Ander 16.6%
Poskode (straat) 3180
Poskode (posbus) 3180
Skakelkode(s) 034

Paulpietersburg is 'n dorp in die noorde van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp het 'n bevolking van 1 859 in 2011 gehad en is genoem na Paul Kruger en Piet Joubert.

Geskiedenis[wysig]

Paulpietersburg, saam met Vryheid en Utrecht, was eens op 'n tyd by die Zuid-Afrikaansche Republiek ingelyf. Paulpietersburg was ook op 'n tyd by Zoeloeland ingelyf. Die dorp is in 1888 deur HJ Maarschalk opgemeet as deel van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Die oorspronklike naam was Paulpietersrust. Dié naam is later na Paulpietersdorp verander en in 1896 na Paulpietersburg. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog was daar 20 gesinne in die dorp. Die dorp is na die oorlog by KwaZulu-Natal ingelyf. Die dorp het in 1958 munisipale status behaal.

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 414 km2 groot en waterryk met reënval van tot 1 000 mm per jaar. Gemengde boerdery word beoefen - vleis- en melkbeeste, mielies, sorghum, grondbone en peulplante. Daar is ook groot bloekom-, denne- en wattelplantasies in die distrik.

Geografie[wysig]

Die dorp lê op die oostelike rand van die Drakensbergeskarp. Die Makateeskop (1 737m) in die weste en Dumbe (1 526m) in die suidooste oorheers die omgewing. Dumbe is afgelei van die Zoeloewoord madumbe wat die Zoeloenaam is vir 'n aartappelagtige knol wat op die berg groei.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]