Pearston

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pearston
Ligging van Pearston op 'n kaart (Oos-Kaap)
Pearston
Pearston
Koördinate: 32°34′60″S 25°7′60″O Koördinate: 32°34′60″S 25°7′60″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Cacadu
Plaaslike Munisipaliteit Bloukraanroete
Stigting 1859
Genoem na Ds. John Pears
Oppervlak
 - Stad 3,23 km²  (1,2 vk m)
Bevolking (2001)
 - Stad 2 596
 - Digtheid 800/km² (2 072/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 5860
Skakelkode(s) 042
Ds. John Pears, 'n Skotse predikant, was die eerste leraar van Glen Lynden nadat hy op 1 Mei 1829 op die nedersetting aan die Baviaansrivier aankom. Pearston is na hom genoem.

Pearston is 'n dorp in die Oos-Kaap en die middelpunt van 'n vrugbare landboudistrik.

Die dorp is op 21 September 1859 gestig toe 'n vergadering op die plaas Rustenburg van Casper Lötter gehou is en besluit is dat die Nederduitse Gereformeerde Kerk 'n gedeelte van die plaas sou koop vir die oprigting van 'n pastorie en 'n noodkerk. Die Ringsvergadering van Graaff-Reinet van 12 Oktober dieselfde jaar keur die versoek goed. Die dorp is opgemeet in besproeiings- en woonerwe en genoem na ds. John Pears van Somerset-Oos wat as konsulent opgetree het.

'n Bestuursraad het die dorp van 1861 af bestuur en op 11 Junie 1911 word dit 'n munisipaliteit.

Pearston is vandag 'n sonnige dorp met 'n ontspanne, sorgelose atmosfeer, gewoonlik kenmerkend wat aan geen vername pad- of spoorverbinding geleë is nie. Somerset-Oos lê 51 km van hier, Cradock 87 km en Graaff-Reinet 72 km.

Met die gedurige ontvolking van die platteland het die lidmate van die kerk, waaraan Pearston sy ontstaan te danke het, van 250 in 1979 tot slegs 105 in 2008 afgeneem.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  • Bulpin, T.V., Discovering Southern Africa. Cape Town: Discovering Southern Africa Publications cc, 2001.
  • Olivier, ds. P.L., Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
  • Van Renen, Adri-Louise (hoof: Tydskriftemaatskappy), Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke 2009. Wellington: Tydskriftemaatskappy, 2008.