Peerklipmossel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Peerklipmossel
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Mollusca
Klas: Gastropoda
Superfamilie: Patelloidea
Familie: Patellidae
Genus: Scutellastra
Spesie: S. cochlear
Binomiale naam
Scutellastra cochlear
(Born 1778)

Die Peerklipmossel (Scutellastra cochlear) is 'n klipmossel (gastropood) wat voorkom feitlik aan die hele kuslyn van Suid-Afrika. Die skulp is peervormig en word tot 7 cm lank. Die binnekant is glad, wit en blougetint met swart vlekke. Daar is 'n swart, u-vormige merk waar die diertjie se spier vasgeheg was binne die skulp. Die diertjie leef in die tussengetysone, gewoonlik aan die laagste strook.

Bron[wysig]