Percy Montgomery

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Percy Montgomery Sportportaal
Percy Montgomery 2007.jpg
Volle naam Percival Colin Montgomery
Geboortedatum 15 Maart 1974 (1974-03-15) (40 jaar oud)
Geboorteplek Walvisbaai, Namibië
Lengte 1,82 m
Gewig 84,4 kg
Skool South African College School (SACS)
Universiteit Kaapse Technikon
Beroep Professionele rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Heelagter
Buitesenter
Losskakel
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2005-2007
2008
Newport Gwent
Perpignan
17
38
(207)
(251)
korrek soos op 22 Mei 2013.
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
1996-2002
2005-2007
WP
Natal
64
4
(341)
(42)
korrek soos op 22 Mei 2013.
Superrugby
Jare Klub / span Weds (pte)
1997-2001
2005-2007
2008
Stormers
Sharks
Stormers
52
21
6
217)
(213)
(0
korrek soos op 22 Mei 2013.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1997-2008 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 102 893
korrek soos op 22 Mei 2013.
Percy Montgomery op Murrayfield teen Skotland.
thumb
thumb

Percival Colin "Percy" Montgomery (gebore 15 Maart 1974 in Walvisbaai, Suid-Afrika, nou deel van Namibië) is 'n rugbyspeler wat as heelagter vir die Springbokke gespeel het, asook van 2005 tot 2007 in die Curriebeker vir die Natal Sharks en vir die Sharks in die Super 14.

Hy het vir Westelike-Provinsie en die Stormers gespeel voor hy in 2002 na Wallis verhuis het. Daar het hy by Newport RFC en in 2003 by die Newport Gwent Dragons aangesluit ná die herorganisering van Walliese rugby op 'n streeksgrondslag. Ná die 2004-2005 Nooordelike Halfrond-seisoen het hy na Suid-Afrika terugekeer om weer in sy geboorteland rugby te speel.

Montgomery het vir die eerste keer in 1997 vir die Springbokke uitgedraf en teen 2001 het hy reeds in 50 toetswedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Sy Springbokloopbaan is egter deur sy skuif na Wallis onderbreek aangesien spelers op daardie stadium slegs vir die Springbokke kon speel as hulle in Suid-Afrika gebaseer was. Ná 'n verandering in beleid is hy in 2004 deur die nuwe afrigter Jake White teruggeroep in 'n jaar waarin hy in 11 toetswedstryde gespeel het en 'n belangrikke rol gespeel het in die Bokke se herstel ná die insinking van die tydperk wat dit voorafgegaan het. Hy was een van die hoofpuntebehalers in die Drie-Nasies Reeks in 2004 en 2005, en hy hou tans die rekord vir die Springbok wat die meeste punte in sy loopbaan behaal het. Op 17 Junie 2006 het hy in 'n wedstryd teen Skotland die eerste Springbok geword om 600 punte in sy toetsloopbaan aan te teken en op 9 Junie 2007 het hy die 700-punte merk verby gesteek in 'n wedstryd teen Manu Samoa.

Montgomery se 797 toetspunte na die Bokke se 2007 Rugby Wêreldbekerwedstryd in Poel A teen Manu Samoa gee hom op daardie stadium meer as twee keer soveel punte as die speler wat die tweede meeste punte vir die Springbokke aangeteken het, Naas Botha (wat egter in slegs 28 toetse gespeel het teenoor Montgomery se 88, aangesien Botha tydens Suid-Afrika se era van sport-isolasie gespeel het). Hy het Joost van der Westhuizen se rekord as die speler wat die meeste kere vir die Springbokke gespeel het geëwenaar toe hy vir die Bokke uitdraf het teen Engeland op 14 September 2007, en 'n nuwe rekord opstel op 22 September teen Tonga. Hy sluit uiteindelik in 2008 sy spelerloopbaan af met 'n rekord van 893 punte in 102 toetse.

Op 13 Mei 2003 terwyl hy vir Newport gespeel het is Montgomery afgestuur nadat hy 'n lynregter platgestamp het. Hy is later swaar beboet en vir twee jaar verban vir die oortreding van "aanval op 'n wedstrydamptenaar".[1] Hy kon gevolglik nie deelneem aan die 2003 Rugby Wêreldbeker nie en het in die begin van Desember na Wallis teruggekeer om verder daar te speel.[2]

Montgomery het Wallis in 2006 verlaat om as heelagter vir die Sharks te speel in die Super 14.

Percy Montgomery het voorheen 'n kontrak met die Franse Top 14 klub USA Perpignan geteken om in die 2007-2008 seisoen vir die klub te speel na die Wêreldbeker.

Verwysings[wysig]

  1. Wyn Griffiths: "Rugby Union: Montgomery suspended for pushing touch judge." The Independent, Londen, Jun 4, 2003.
  2. "Montgomery Returns." European Rugby Cup website, 5 December 2003.

Eksterne skakels[wysig]


Springbokrugbyspelers (2007 Rugby Wêreldbeker)

John Smit (Kaptein) - Bakkies Botha - BJ Botha - Gary Botha - Schalk Burger - Jean de Villiers - Bismarck du Plessis - Jannie du Plessis - Fourie du Preez - Os du Randt - Jaque Fourie - Bryan Habana - Butch James - Ricky Januarie - Wayne Julies - Victor Matfield - Percy Montgomery - Johann Muller - Akona Ndungane - Wynand Olivier - Ruan Pienaar - JP Pietersen - André Pretorius - Danie Rossouw - Bobby Skinstad - Juan Smith - Gurthrö Steenkamp - François Steyn - Albert van den Berg - CJ van der Linde - Wikus van Heerden - Ashwin Willemse