Perdekop

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Perdekop
Ligging van Perdekop op 'n kaart (Mpumalanga)
Perdekop
Perdekop
Koördinate: 27°9′53″S 29°37′29″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distriksmunisipaliteit Gert Sibande
Plaaslike Munisipaliteit Pixley ka Seme
Hoogte 1 889 m (6 198 vt)
Tydsone SAST (UTC+2)

Perdekop, is 'n klein dorpie geleë op 'n 1 889 m koppie in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorp is 47 km suidoos van Standerton.

Geskiedenis[wysig]

Dit is gevestig tydens die perdesiekte epidemie toe boere gevind het dat perde wat na die bokant van die koppie gebring is van die siekte beskerm is. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Britte 'n uitkykballon van die plek af bedryf om die Boere se aktiwiteite te monitor.

Genl. Constand Viljoen, stigter van die Vryheidsfront en voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag was hier op laerskool.

Sien ook[wysig]