Persiese Ryk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Persiese Ryk was 'n ryk in die Antieke op die gebied van die huidige Iran, wat tussen Thrakië in die noordweste, Egipte in die suidweste en Indië in die ooste geleê het. Dit het bestaan tussen 550 v.C. en 330 v.C. as Achaemenidiese Ryk of Ou-Persiese Ryk, tussen 305 v.C. en 129 v.C. as Seleukidiese Ryk, tussen 204 v.C. en 240 n.C. as die Arsakidiese ryk of Parthiese Ryk en tussen 224 n.C. en 651 n.C. as die Sassanidiese Ryk of Nieu-Persiese Ryk. Die Persiese Ryk was die langjarige konkurrensie van die Griekse stadstate, die Romeinse Ryk en die Bisantynse Ryk. Die Persiese Ryk het geëindig met die uitbreiding van die Islam deur Arabiere en die daaropvolgende Islamisering van die gebied.