Perth Ovaal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Perth Ovaal
ME Bank-stadion
Perth Oval.jpg
Vorige naam(e) Lotonpark
Members Equity-stadion
Ligging Lordstraat, Perth, Wes-Australië
Koördinate 31°56′45″S 115°52′12″O
Gebou 1904
Renovasie 2004
Eienaar Stad Vincent
Operateur Allia Holdings
Oppervlak Gras
Tuisveld van Oos-Perth Royals (Aussie Rules) (1910-2002)
Perth Glory Voetbalklub (Sokker) (1996-huidig)
WA Reds (Rugbyleague) (2008-huidig)
Western Force (Rugby) (2010-huidig)
Kapasiteit
20 500 (Rugby/Sokker)
25 000 (Musiekkonserte)[1]

Die Perth Ovaal (ook ME Bank-stadion weens borgskapredes)is 'n sportstadion in Perth, Australië. Dit is sedert 1996 die tuisveld van die A-ligaklub (sokker) Perth Glory en is sedert 2003 die Wes-Australiese Rugbyleague se administratiewe fasiliteite. Tussen 1906 en 1910 was die stadion bekend as Lotonpark (hierdie naam verwys steeds na die aangrensende tennisbane asook 'n klein stuk oop grond langs die stadion).[2]

Huidige gebruik[wysig]

In die stadion se huidige opset kan daar soveel as 18,156 mense sit en word dit tans gebruik vir sokker-, rugbyleague- en rugbywedstryde weens die reghoekige vorm van die speeloppervlak. Wanneer musiekkonserte aangebied word kan daar soveel as 25,000 mense hanteer word. Die stadion is die tuisveld vir die sokkerklug Perth Glory en was dit van die voormalige Australiese Rugbykampioenskapspan Perth Spirit. Die Western Force, die plaaslike Super 14-span gaan die Parth Ovaal as tuisveld gebruik wanneer die Subiaco Ovaal uitgebrei gaan word.[3] Die Subiaco Ovaal ervaar dalende toeskouergetalle weens die ovaalvormige speelveld (nie noodwendig geskik vir rugby en die toeskouers daarvan nie) en die Force het in 2010 na die Perth Ovaal verhuis.[4] Die stadion sal 'n mate van modernisering ondergaan waaronder die uitbreiding na die kapasiteit van 20,500 vir die gebruik van die Force

Die stadion is ongewoon onder Australiese stadions omdat dit 'n staanterras aan die noordeinde van die speelveld het. 'n Bedekte terras bekend as Die Skuur is die tuiste van die luidrugtige ondersteuners van Perth Glory.

Vanaf 2008 is die stadion ook die tuisveld van die WA Reds (Australiese Voetbalspan) in die Jim Beambeker.

In die Nasionale Rugbyleagueseisoen van 2009 het die Suid-Sydney Rebbitohs hier teen Melbourne Storm en die St. George Illawarra Dragons teen die Sydney Roosters gespeel.[5]

Geskiedenis[wysig]

Vroeë Geskiedenis[wysig]

Die grond waarop die stadion gebou is was bekend as Loton se Kraal (Loton's Paddock) (vernoem na die vorige eienaar, William Loton, Burgemeester van Perth).[6] Die Kraal is herwin van 'n deel van Stone se Meer wat deel was van 'n meerstelsel genaamd Die Groot Mere Distrik wat die Mongermeer en die Herdsmanmeer ingesluit het.[2]

Die grond is in 1904 aan die stad Perth verkoop met die doel om ontspanningsfasiliteite vir die inwoners van dei gebied te voorsien.[2] Na die herontwikkeling in 2004 is 'n deel van die grond teruggekeer na 'n openbare park en is die mede-naam van Lotonpark en Yoordgoorading gegee ter herinnering aan Loton en as verwysing na die oorspronklike bewoners van die grond.[6]

Vroeg in die 1930's is 'n groot wit ingangspoort aan die noordwestelike hoek van die gronde gebou. Dit is sedertdien as 'n erfenis gelys.[2]

Australiese voetbal[wysig]

Spelers van die Christian Brothers College players betree die speelveld van die Perth Ovaal in 1919

Die Oos-Perth Voetbalklub, 'n Australiese voetbalklub het in 1910 vanaf die Wellington Vierkant na die Perth Ovaal geskuif.[2] Hulle het in 1999 hul laaste wedstryd op die Ovaal gespeel voordat hulle in 2003 verhuis het.[7]

In 1956 is die F.D. Bookpaviljoen gebou as deel van die Oos-Perth Voetbalklub se goue jubileum. Dit is vernoem na administrateur Fred Book. Hy het 'n belangrike rol gespeel in die voortbestaan van die Perth Ovaal as 'n sportterrein tydens die Tweede Wêreldoorlog.[8]

Die stadion is vir 'n kort tydjie gebruik as die basis vir Oos-Perth se aartsteenstanders in die Wes-Australiese Voetballiga, die Wes-Perth Voetbalklub.[2] Ses eindrondes is op die Perth Ovaal gespeel met die eerste in 1912 en die laaste in 1935.[9]

Krieket[wysig]

Die Perth Ovaal was die tuisveld van Noord-Perth en Universiteit, twee semi-professionle krieketspanne in Perth. Noord-Perth het tussen 1910 en 1975 daar gespeel en Universiteit tussen 1913 en 1929.[8]

Sokker[wysig]

Perth Glory en Noord-Queensland Fury in 2009 tydens 'n A-Liga wedstryd

Sokker was een van die eerste sportsoorte wat op Lotonpark gespeel is, met gereelde wedstryde wat van so vroeg as 1903 plaasgevind het toe meer as 2,000 toeskouers 'n Charitybekerwedstryd tussen Olympic VK en die Openbare Dienste bygewoon het.[8]

In 1905 is die grond aan die Wes-Australiese Voetbalvereniging gebied maar die prys was te hoog.[8]

Die Perth Ovaal moes in 1927 aanskou hoe die 'n staatspan met 11-3 verloor het teen 'n span wat Tsjeggoslowakye verteenwoordig het.[8][10]

Voor die herontwikkeling in 2004 was die Perth Ovaal ovaalvormig en toe Perth Glory die Nasionale Sokkerliga betree het in 1996, is tydelike paviljoene op die speeloppervlak geplaas sodat ondersteuners nader aan die aksie sou kon wees. Na vier jaar van tydelike paviljoene het dit duidelik geword dat Perth Glory hul eie reghoekige veld nodig gehad het en nadat Glory se voorgestelde herontwikkeling van die Leederville Ovaal afgeskiet is, het die Stad Vincent die stadion in 'n reghoekige stadion laat omskep.

Rekords[wysig]

Die grootste toeskouergetal vir die stadion was 26,760 vir die plaaslike derbywedstryd tussen die Australiese Voetbalspanne van Oos-Perth en Wes-Perth op 31 Mei 1969. Die grootste getal mense wat 'n sokker wedstryd gaan kyk het was 18,067 in die 1998-99 seisoen toe Suid-Melbourne VK teen Perth Glory. Die grootste getal mense wat 'n sportwedstryd bygewoon het sedert die stadion herontwikkel is, was 19,279 vir 'n Super 14-wedstryd tussen die Western Force en die Crusaders op 24 April 2010.

As 'n plek vir konserte[wysig]

Roger Waters tree op tydens sy Dark Side Of The Moon Live-toer in 2007

Die Perth Ovaal het reeds verskeie konserte aangebied waaronder die volgende::
2005

2006
-
2007

2008

2009

2010

  • Raggamuffin – 25 Januarie 2010
  • Supafest - 18 April 2010

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. (en) Stadium Hire”. ME Bank Stadium. URL besoek op 2009-04-30.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 (en) Register of Heritage Places”. Heritage Council of Western Australia. URL besoek op 2009-04-28.
  3. (en) "Upgrade stadium now: Force, Glory", WA Business News, 24 April 2009. URL besoek op 2009-04-30.
  4. (en) Taylor, Nick, "Western Force refuse to re-sign Subiaco Oval contract", Perth Now, 20 October 2008. URL besoek op 2009-04-30.
  5. (en) South Sydney Rabbitohs to play Melbourne Storm in Perth in 2009”.
  6. 6,0 6,1 (en) New public land surrounding Perth Oval to be co-named after original”. Town of Vincent: 9 April 2003. URL besoek op 2009-04-28.
  7. (en) History”. Oos-Perth Voetbalklub. URL besoek op 2009-04-28.
  8. 8,0 8,1 8,2 8,3 8,4 (en) Brief History of Perth Oval”. Fight On East Perth. URL besoek op 2009-04-28.
  9. (en) History”. West Australian Football League. URL besoek op 2009-04-30.
  10. (en) why is there a kangaroo in the emblem of the central european club???”. oleole.com: 15 May 2008. URL besoek op 2009-04-28.