Peter Ackroyd

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Peter Ackroyd

Britse biograaf, skrywer en kritikus



Alma mater

Universiteit van Cambridge


Literêre genres

Biografieë, dramatiese werke, essays, fiksie, literêre kritieke, nie-fiksie, digkuns, kortverhale


Tydperk

Tweede helfte van die 20ste en vroeë 21ste eeu


Onderwerpe

Londen en sy bewoners, geskiedenis en kultuur van Engeland

Peter Ackroyd (* 5 Oktober 1949 in East Acton, Wes-Londen) is 'n Britse biograaf, skrywer en kritikus wat besonder belang in die geskiedenis en kultuur van Engeland stel. Hy staan bekend vir die groot omvang van sy werk, die verskeidenheid style en uitgangspunte daarvan, en die diepte van sy navorsing.

Vir sy biografieë van onder meer Charles Dickens, T. S. Eliot en Sir Thomas More het hy die Somerset Maugham-prys en twee Whitbread-pryse ontvang. In 1984 is hy as lid van die Royal Society for Literature verkies. Hy is daarnaas in 2003 as Commander of the Order of the British Empire (CBE) vereer.