Peter Mokaba-stadion

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Peter Mokaba-stadion
Ligging Polokwane (Pietersburg), Suid-Afrika
Koördinate 23°55′28.88″S 29°28′7.55″O Koördinate: 23°55′28.88″S 29°28′7.55″O
Gebou 2009
Geopen 2010
Renovasie 2009
Uitgebrei 2009
Eienaar
Operateur Suid-Afrikaanse Voetbalvereniging (SAFA)
Oppervlak Gras
Boukoste R1.24 biljoen (US$150 miljoen)
Voormalige name Pietersburg-stadion
Kapasiteit
46 000

Die Peter Mokaba-stadion is 'n stadion in Polokwane (voorheen Pietersburg), Suid-Afrika, wat gebruik was vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Die stadion het sitplek vir 46 000 touskouers.[1] Dit is vernoem na Peter Mokaba, 'n voormalige leier van die ANC Jeugliga. Dit is 5 kilometer van die sakekern geleë en net oos van die bestaande stadion.

Die stadion is een van vyf nuwe stadions wat gebou is vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Die aanvanklike plan om die bestaande stadion op te gradeer is laat vaar ten gunste van die bou van die Peter Mokaba-stadion. Die koste is destyds beraam op R1 100 000 000 (ZAR) (VSA $154 000 000).

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]