Petrus Steyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Petrus Steyn
Ligging van Petrus Steyn op 'n kaart (Vrystaat)
Petrus Steyn
Petrus Steyn
Koördinate: 27°39′0″S 28°8′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distriksmunisipaliteit Thabo Mofutsanyana
Plaaslike Munisipaliteit Nketoana
Stigting 1912
Genoem na Petrus Steyn
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 9640
Die ou NG pastorie van sandsteen op Petrus Steyn.
Petrus Steyn se neo-Bisantynse NG kerkgebou.

Petrus Steyn is 'n Oos-Vrystaatse dorpie tussen Lindley, Frankfort, Heilbron en Reitz. Die dorp is in 1914 uitgelê en genoem na die eienaar van die plaas waarop dit gestig is.

Die naam[wysig]

Die plaas Sterkfontein is in 1912 van die weduwee van mnr. Petrus Steyn gekoop, waarop die dorp op 11 Oktober 1912 aangelê is. Die dorp sou aanvanklik Concordia heet, maar 'n verkoopsvoorwaarde van die weduwee Steyn was dat die dorp Petrus Steyn moes heet. Daarvoor het sy 'n afslag op die oorspronklike koopsom aangebied. Vir baie jare was die NG Gemeente se naam Concordia, wat beteken Eendrag. Die kerk op die foto is gebou onder leiding van Ds. J.P.H. Steyn - die leraar van die gemeente vanaf 1928 - 1952

Algemene geskiedenis[wysig]

Die eerste vergadering van die dorpsbestuur was gehou op 4 Desember 1912. Ten weste van die dorp is Elandskop geleë. Hierdie kop was gedurende die Anglo-Boere oorlog 'n uitstekende observasiepos vir Boer en Brit. Vir die Boeremagte was dit 'n besondere belangrike heliograafstasie, veral omdat die hoofkwartier van Generaal de Wet en ook die Regering te velde vir 'n geruime tyd naby die teenwoordige dorp was. Die Steyn familiekerkhof is as 'n afsonderlike erf uitgemeet. Die oorspronklike eienaar van die plaas Sterkfontein, Petrus Steyn, is hier begrawe. 'n Algemeen aanvaarde feit is, dat die Renosterrivier sy oorsprong in erf 502 het.

Op die Dirkie Uysplein is 'n monument opgerig van klippe wat gedurende die simboliese ossewatrek daar deur besoekers gestapel is. Afdrukke van die ossewaspore is op 'n betonblad bewaar, asook die Poskoets se spore sowel as die Rapportryers. Die spoorwegstasie wat 1 680 meter bo seespieël is, was volgens navoring die hoogste stasie met personeel, geleë by 'n dorp in die Vrystaat, Verdere navoring het getoon dat Petrus Steyn as dorp die hoogste bo seespieël in die Vrystaat is, naamlik 1 702 meter bo seespieël. Die hoogste sylyn bo seespieël in die Vrystaat is Hoogte (1 710 meter bo seespieël) en is geleë 22 kilometer vanaf Petrus Steyn op die teerpad na Heilbron.

NG Sendingkerkie[wysig]

Agtien kilometer vanaf Petrus Steyn op die Frankfort pad staan 'n besondere NG Sendingkerkie, bekend as die Kruispad kerkie. Die kerkie was oorspronklik 'n ou huis wat voor die tweede Vryheidsoorlog gebou was. Later is die gebou gebruik deur 'n grofsmid. Nadat die grofsmid verskuif het, het die gebou verval en is later gebruik as beeskraal. Die gebou is gedurende 1963 in 'n Sendingkerk omskep. Die denkwyses van die Swarte wat in beelde sien is in gedagte gehou, met die herbouing. Die swart dak simboliseer die sonde en die koringgeel geute die rypheid van die mensdom vir die oordeel van God. Die ingang in die geboutjie is 'n ruwe houtdeur en binne is die twee helderrooi mure waardeur die bloed van Christus aangedui word, opvallend. Die twee ander mure is groen en dui geestelike groei. Die spierwit plafon simboliseer heiligmaking. Die mure is binne en buite verder afgewerk met die tipiese muurversierings van die Swarte. Die preekstoel is van ysterklip uit die onmiddelike omgewing. Die kateter is die hoeksteen van die ou NG Moederkerk wat die oorsprong van Moeder na Dogter simboliseer. Die doopfont is 'n opstapeling van versteende boomstompe waarop 'n maalklip geplaas is en waarin die doopwater gegooi word. Die teenwoordigheid van ruwe gesplete pale herinner aan die kruis. Die kollekte borde is kromsteel kalbasse oorgetrek met tradisionele kralewerk.

Diverse feite[wysig]

Op die plase Benadiesbanke, Bloukrans en Rockview is daar besondere mooi rotsformasies. Op die plaas Rockview is 'n sambreelvormige rots voor die agterdeur van die plaashuis, feitlik deel van die huis. Die rots is ongeveer 3 meter hoog, onder ongeveer 4 meter in omtrek en bo ongeveer 8 meter in omtrek. Die bokant van die rots is hol.

Sien ook[wysig]