Petrusburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Petrusburg
Ligging van Petrusburg op 'n kaart (Vrystaat)
Petrusburg
Petrusburg
Koördinate: 29°7′0″S 25°25′0″O Koördinate: 29°7′0″S 25°25′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distriksmunisipaliteit Xhariep
Plaaslike Munisipaliteit Letsemeng
Stigting 1891
Genoem na Petrus Albertus Venter
Oppervlak
 - Dorp 19,0 km²  (7,3 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 8 435
 - Digtheid 440/km² (1 139,6/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 9932
Skakelkode(s) 053

Petrusburg is 'n klein landboudorp in die Vrystaat, in Suid-Afrika, tussen Bloemfontein en Kimberley. Die dorp is genoem na Petrus Albertus Venter. Sy boedel het die geld voorsien om die plaas Diepfontein te koop waarop die dorp uitgelê is.

Distrik[wysig]

Gemengde boerdery word beoefen in die distrik van 3 000 km2 wat in 1863 uit die distrik Fauresmith gesny is. Skaapsboerdery is die belangrikste terwyl mielies en aartappels die belangrikste gewasse is. Daar is verskeie soutpanne in die omgewing. Die Slag van Poplar Grove het hier naby plaasgevind tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. Hoofplek Petrusburg tydens die 2011-sensus.