Phillip Tobias

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Phillip Tobias (2007)

Phillip Vallentine Tobias (14 Oktober 19257 Junie 2012) is gebore in Durban, KwaZulu-Natal en was 'n bekende paleontoloog en Professor verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand. Tobias was ’n kenner van paleo-antropologie, genetika, menslike biologie, dierkunde, geneeskunde, evolusie, anatomie en die geskiedenis en filosofie van wetenskap.

Hy het in 1953 ’n mediese doktorsgraad aan Universiteit van die Witwatersrand verwerf nadat hy reeds in 1951 as dosent in anatomie aan die universiteit aangestel is. Tussen 1955 en 1967 het hy verskeie topposte aan die universiteite van Cambridge, Chicago en Michigan beklee. In 1967 het hy teruggekeer na Suid-Afrika en ’n tweede doktorsgraad verwerf.

Tobias het die Sterkfontein gebied – die land se grootste paleo-antropologiese terrein – in die 1960’s van ’n gewisse ondergang gered het. Hy het nie net gesorg dat die gebied gered word nie, maar ook dat dit as ’n ware wetenskaplike terrein beheer word.

Hy was professor aan drie verskillende departemente van die Universiteit van Witwatersrand - 'n ongeëwenaarde posisie. Hy is ook drie keer vir die Nobelprys benoem.

Tobias was nooit getroud nie.

Bron[wysig]