Pierre van Ryneveld

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pierre van Ryneveld
2 Mei 1891 – 2 Desember 1972 (81 jaar oud)
Pierre van Ryneveld

Pierre van Ryneveld en Quinton Brand in Februarie 1920

Bynaam(e) Pierre
Geboorteplek Senekal
Plek van afsterwe Pretoria
Lojaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Diens/Tak Royal Flying Corps
Britse Lugmag
Suid-Afrikaanse Lugmag
Jare in diens Augustus 1914 – 2 Mei 1949
Rang Generaal
Poste beklee Suid-Afrikaanse Lugmag
Suid-Afrikaanse Weermag
Veldslae/oorloë Eerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog

Pierre van Ryneveld (2 Mei 1891 - 2 Desember 1972) was 'n Suid-Afrikaanse soldaat en vlieënier. Hy is op 2 Mei 1891 in Senekal, Vrystaat gebore. Hy studeer aan die Grey-kollege, Bloemfontein. Hy sluit dan aan by die pasgestigte Unie-Verdedigingsmag en gaan studeer aan die Imperial Staff College in Engeland. Tydens die Eerste Wêreldoorlog veg hy in Frankryk en die Midde Ooste; eers saam met die Royal North Lancashire Regiment en toe van April 1915 af, met die Royal Flying Corps. Hy word beroemd vir sy historiese vlug in 1920 vanaf Londen na Kaapstad via Kairo. Sir CJ Quinton Brand het hom vergesel. Hy word direkteur van Lugdienste vir Suid-Afrika in 1920, Kommandant van die Suid-Afrikaanse Militêre Kollege in 1929 en Voorsitter van die Burgelike Lugvaartraad in 1931. Hy was die hoof van die Generale Staf onder genl. Jan Smuts tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy tree af in Mei 1949.

Bron[wysig]