Piet-my-vrou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Piet-my-vrou
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Cuculiformes
Familie: Cuculidae
Genus: Cuculus
Spesie: C. solitarius
Binomiale naam
Cuculus solitarius

Die Piet-my-vrou (Cuculus solitarius) is 'n voël in die familie van koekoeke (Cuculidae). Dit is 'n medium-groot voël wat 28 tot 30 cm groot word. Die Afrikaanse naam van die spesie is van sy kenmerkende roep ontleen.[1]

Verspreiding en habitat[wysig]

Dit kom in alle Afrikalande suid van die Sahara voor. In Suid-Afrika is dit 'n algemene broeiende trekvoël, en word in die hele gebied behalwe die droër weste gevind.

Die voorkeur habitat van die piet-my-vrou is woude en plantasies. Dit word gewoonlik alleen waargeneem, eerder as in die geselskap van voëls van dieselfde spesie.

Voortplantingsgedrag[wysig]

Die piet-my-vrou paar met meer as 'n enkele maat (dit is poligaam). Die piet-my-vrou se gewoonte is om die neste van ander voëls te gebruik vir haar nageslag. Die voël lê tot 20 bruinkleurige eiers per seisoen in verskillende neste. Omtrent vyftien spesies van kleiner voëls word geparasiteer, maar die mees algemene gashere is die gewone janfrederik (Cossypha caffra), die kwikkie (Motacilla capensis) en die witkeeljanfrederik (Cossypha humeralis). Die surrogaatouers maak dan (onwetend) die piet-my-vroukuiken groot.

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

  1. Sinclair, Ian. Voëls van Suider-Afrika. Struik. ISBN 1-86825-197-7.