Pius Langa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pius Langa

Hoofregter van Suid-Afrika
Ampstermyn
Junie 2005 – Oktober 2009
President Thabo Mbeki
Voorafgegaan deur Arthur Chaskalson
Opgevolg deur Sandile Ngcobo

Adjunk-Hoofregter van Suid-Afrika
Ampstermyn
November 2001 – Junie 2005
Opgevolg deur Dikgang Moseneke
Ampstermyn
November 2001 – Junie 2005

Adjunk-President van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika
Ampstermyn
Augustus 1997 – November 2001
Voorafgegaan deur Ismail Mahomed
Opgevolg deur Homself (as Adjunk-Hoofregter)
President {{{president5}}}

Persoonlike besonderhede
Geboorte 25 Maart 1939
Bosbokrand
Sterfte 24 Julie 2013
Johannesburg
Politieke party ANC

Pius Langa (25 Maart 1939[1] – 24 Julie 2013[2]) was die hoofregter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika.[1] Hy is in 1994 deur Nelson Mandela tot die bank aangestel; word in 2001 die onder-hoofregter; en is in 2005 deur Thabo Mbeki tot hoofregter bevorder. Hy tree in Oktober 2009 af en is in 2013, op 74 jarige ouderdom, na 'n lang siekbed oorlede.

Biografie[wysig]

Pius Nkonzo Langa is op 25 Maart 1939 in Bosbokrand in die Transvaal gebore.[1] Hy verwerf 'n regsgraad van die Universiteit van Suid-Afrika in 1973[3] en sy LLB in 1976. Hy werk in 'n klerefabriek vanaf 1957 tot 1960, waarna hy as tolk en boodskapper vir die Departement van Justisie aangestel is.

Later word hy 'n aanklaer en 'n landdros. Hy is in Junie 1977 as advokaat van die Hooggeregshof van Suid-Afrika toegelaat. In Januarie 1994 word hy tot senior advokaat bevorder.

Na die beëindiging van apartheid word die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika gestig. Langa word, saam met tien ander, as die eerste regters van die hof aangestel. Hy word in Augustus 1997 tot Adjunk-President bevorder en in November 2001 word hy die Adjunk-Hoofregter van Suid-Afrika. Hy was effektief vanaf Junie 2005 die land se hoofregter en beklee die pos tot sy aftrede in Oktober 2009.[1]

Langa is op 24 Julie 2013 by die Milpark Hospitaal in Johannesburg, na 'n lang siekbed oorlede.[2]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Konstitusionele Hof van Suid-Afrika - Regters”. Constitutionalcourt.org.za. URL besoek op 24 Julie 2013.
  2. 2,0 2,1 Staff. “Pius Langa dies aged 74”. News24. URL besoek op 24 Julie 2013.
  3. Pius Langa se profiel op whoswho.co.za”. Whoswho.co.za. URL besoek op 24 Julie 2013.