Plettenbergbaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Plettenbergbaai
Die strand van Plettenbergbaai.
Die strand van Plettenbergbaai.
Bynaam: Plett
Ligging van Plettenbergbaai op 'n kaart (Wes-Kaap)
Plettenbergbaai
Plettenbergbaai
Koördinate: 34°3′0″S 23°22′0″O Koördinate: 34°3′0″S 23°22′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Eden
Plaaslike Munisipaliteit Bitou
Naamgewing 1779
Oppervlak
 - Stad 13,69 km²  (5,3 vk m)
Hoogte m (0 vt)
Bevolking (2001)
 - Stad 8 657
 - Digtheid 630/km² (1 631,7/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6600
Skakelkode(s) 044
Webwerf: http://www.plettenbergbay.co.za

Plettenbergbaai, 'n Wes-Kaapse dorp langs die Tuinroete aan die Indiese Oseaan, sowat 210 km van Port Elizabeth, het van 'n klein vissersdorpie tot een van die gewildste vakansieoorde in Suid-Afrika ontwikkel. Die N2 nasionale pad raak aan die dorp.

Geskiedenis[wysig]

Die Portugese seevaarders van die 15de eeu noem dit Bahia Formosa, die Mooie Baai. Die dorp kry sy huidige naam van baron Joachim Ammena van Plettenberg (1739-1793), wat in die tydperk tussen 1774 en 1785 goewerneur van die Kaapkolonie was. In 1787 bou die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie 'n hawe hier om die plaaslike hout oorsee te verskeep.
Daar was ook 'n walvisstasie in Plettenbergbaai. Die stasie is in 1912 deur die Nore opgerig maar in 1920 verskuif na Durban. Die walvisstasie was bedryf op die area wat tans as Beacon Island bekend staan.

Omgewing[wysig]

Die Keurboomsrivier mond uit in die Keurboomsrivierstrandmeer wat op sy beurt weer uitmond in die Indiese Oseaan. Sport soos hengel, swem, seiljagvaart en ski word op die lagune beoefen. Plettenbergbaai beskik oor drie lang strande waarvan Keurboomsstrand en Robbergstrand seker die bekendste is. Op Robberg, 'n klein skiereiland suid van die dorp, is 'n natuurbewaringsgebied van 243 ha. Die skiereiland eindig in Cape Seal met sy Kaap Sealvuurtoring. Robberg dien ook as 'n natuurlike breekwater. Die strand by Robberg is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer. Die bedreigde Knysnaseeperdjie (Hippocampus capensis) kom in die strandmeer voor.

Skeepswrakke[wysig]

Verskeie skepe het hier gestrand:

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Gallery[wysig]


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg