Ploegbreker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ploegbreker
In Krugersdorp
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Rosids
Orde: Fabales
Familie: Fabaceae
Subfamilie: Papilionoideae
Genus: Erythrina
Spesie: E. zeyheri
Binomiale naam
Erythrina zeyheri
Harv.

Die Ploegbreker (Erythrina zeyheri, vernoem na Karl Zeyher) is 'n bladwisselende dwergstruik van Suid-Afrika en Lesotho wat niks hoër as 60 cm groei nie.[1] Die peulplant is inheems aan die sentrale plato, waar dit wydverspreid voorkom in grasveld.[2] Hulle groei in kleigrond en soms sandgrond, in die nabye van spruite en vleie, waar hulle in kolonies kan voorkom.[1]

Die haarlose, drieledige blare het skerp gekromde stekels langs die hoofas en groter syare,[3] wat aan die ondersy opgehewe is. Die lote en blare word jaarliks uitgestoot, en sterf weg tydens strawwe hoëveldse winters,[1] wanneer die plant oorleef as 'n aansienlike knolagtige wortelstok met kort bogrondse stingels. Bloeiwyses word in die somer voortgebring, van Oktober tot Januarie.[1] Die hangende skarlakenkleurige, of by uitsondering wit,[3] blomme het rooi blomkelke.

Die vrugte is gladde, swart peule, wat elk 'n paar harde, oranjerooi sade bevat.[1][3]

Dit is 'n voedselplant vir die mot Terastia margaritis.[4]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Elliot Lithudzha, K Behr,. “Erythrina zeyheri”. plantzafrica.com. South African National Biodiversity Institute. URL besoek op 19 December 2012.
  2. Verslae uit Botswana en Zimbabwe word betwis, kyk: Erythrina latissima E. Mey. (Notas)”. Flora Zambesiaca. kew.org. URL besoek op 21 December 2012.
  3. 3,0 3,1 3,2 van Wyk, Braam, et al (1988). Veldgids tot die Veldblomme van die Witwatersrand en Pretoria. Cape Town: Struik, 206-207. ISBN 0-86977-815-3. 
  4. Goff, R.. “Terastia margaritis”. African Moths. URL besoek op 21 December 2012.

Eksterne skakels[wysig]