Pofadder, Noord-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pofadder
Ligging van Pofadder op 'n kaart (Noord-Kaap)
Pofadder
Pofadder
Koördinate: 29°07′43″S 19°23′41″O Koördinate: 29°07′43″S 19°23′41″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distriksmunisipaliteit Namakwa
Plaaslike Munisipaliteit Khâi-Ma
Stigting 1917
Oppervlak
 - Dorp 162,09 km²  (62,6 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 3 287
 - Digtheid 20/km² (51,8/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 8890
Skakelkode(s) 054
Pofadder is in Boesmanland, Noord-Kaap, geleë.

Pofadder is 'n klein dorp in Boesmanland, Noord-Kaap, sowat 151 km suidwes van Kakamas en 185 km noordoos van Springbok. Dit is in 'n halfwoestyn-gebied geleë en die sentrum van 'n skaapboerdery-streek. Dadels en subtropiese vrugte word ook verbou. Die bevolking is sowat 3 000. Die N14 nasionale pad gaan deur Pofadder.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het ontwikkel uit 'n sendingstasie van die Binnelandse Sendinggenootskap, wat hier in 1875 deur eerw. Christiaan Schroder gestig is, en na Klaas Pofadder, 'n hoofman van die Koranna wat in die buurt van die Grootrivier rondgeswerf het, vernoem. Die dorpie is in 1917 uitgelê en 'n dorpsbestuursraad is in 1937 ingestel. Die oorspronklike naam was Theronsville, maar die naam Pofadder is in 1936 in ere herstel. Sedert 2000 is die dorp deel van die Khâi-Ma Plaaslike Munisipaliteit.

NG gemeente[wysig]

Die gemeente was vroeër die Boesmanlandse wyk van die moedergemeente Namakwaland op Springbok. In 1909 het die kerkraad van Namakwaland besluit die evangelis Pieter Malan moet veral sy aandag aan dié wyk gee met Namies, die ou skool- en kerkplaas, as die sentrum. Die wyk is op 23 Maart 1912 afgestig en het toe saam met dele van die gemeentes Kenhardt en Brandvlei die gemeente Namies gevorm. Die gemeente was aanvanklik baie behoeftig, omdat die lidmate meesal rondtrekkende veeboere was. Drie ongeslaagde beroepe vir 'n leraar word met 'n ernstige droogte in 1914 gevolg, toe besluit is om die beroep van 'n eie leraar onbepaald uit te stel.

Intussen is die dorpie Pofadder aangelê. Prop. A.F. Marais aanvaar die beroep in Mei 1914. 'n Pastorie word in 1920 op die dorp gebou en die huidige kerkgebou, in graniet, ingewy. Pofadder word toe die hoofsentrum, hoewel Namies nog 'n skool- en kerksentrum bly. Die gemeente verander sy naam van Namies na Pofadder in 1928.

Die gemeente toon die tipiese profiel van 'n plattelandse gemeente wat vroeër jare 'n wisseling in lidmaattalle aan droogte en voorspoed te wyte gehad het, maar die laaste paar dekades 'n geleidelike afname weens die ontvolking van die platteland toon. In 2006 was hier 361 belydende lidmate en die leraar ds. P.F.C. Pieterse.

Opvoeding[wysig]

Die Hoërskool Boesmanland is 'n gekombineerde skool op die dorp.

Bevolking[wysig]

Volgens die World Gazetteer het Pofadder se bevolking tussen 1996 en 2007 ietwat afgeneem van 2 931 tot 2 845, maar in 2008 was dit weer 3 905 en 3 287 in 2011.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Bronne[wysig]