Point Conception

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Lugfoto van die vuurtoring

Point Conception is 'n kaap aan die Stille Oseaankus van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië, in die suidweste van Santa Barbara County, waar die Santa Barbara-kanaal en die Stille Oseaan ontmoet.

Dit is ook die hoek tussen die noordelike deel van die kuslyn, wat oorwegend in noord-suidelike rigting loop, en die kusgedeelte naby Santa Barbara wat in oos-westelike rigting loop. Die kaap vorm sodoende 'n natuurlike skeiding tussen Suid- en Sentraal-Kalifornië.

Die vuurtoring by Point Conception was een van die eerstes wat in Kalifornië opgerig is. Die huidige Point Conception-vuurtoring dateer uit 1881.