Pongolarivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pongolarivier
Pongola River - Rio Pongola
Oorsprong Utrecht, KwaZulu-Natal
Monding Maputo, Mosambiek
Maputorivier
Stroomgebied Suid-Afrika, Mosambiek
Lengte 265 km (165 myl)
Monding-hoogte 29 m (95 voet)
Stroomgebiedopp. 8 000 km2

Die Pongolarivier (Engels: Pongola River, Portugees: Rio Pongola) ontspring net oos van Wakkerstroom op die Hoëveld en dreineer 'n gebied van 8 000 km2. Die rivier vloei dan ongeveer 300 km oos. Nadat dit deur Pongolapoort in die Lebomboberge vloei, swaai die rivier noord, sluit aan by die Usuturivier, steek die grens met Mosambiek oor en mond uit in die Indiese Oseaan as die Maputorivier.

In Zoeloe beteken die naam 'trog' na aanleiding van die diep poele met steil kranse langs die rivier. Die Pongolapoortdam is in die rivier.

Bron[wysig]