Pontivy

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pontivy
Pondi
Die kasteel van die Rohan-gesin
Die kasteel van die Rohan-gesin
Wapen van Pontivy
Wapen
Ligging van Pontivy op 'n kaart (Frankryk)
Pontivy
Pontivy
Koördinate: 48°04′00″N 2°59′00″W
Land Vlag van Frankryk Frankryk
Gewes Flag of Brittany (Gwenn ha du).svg Bretagne
Département Blason département fr Morbihan.svg Morbihan
Arrondissement Pontivy
Kanton Pontivy
Regering
 - Burgemeester Henri Le Dorze
Oppervlak
 - Stad 24,85 km²  (9,6 vk m)
Hoogte 48–192 m (157–630 vt)
Bevolking (2008)
 - Stad 13 693
 - Digtheid 551/km² (1 427,1/myl2)
 - Metropolitaans 23 075
Poskode 56300
Skakelkode(s) 56178
Webwerf: pontivy.fr

Pontivy (Bretons: Pondi) is 'n stad teen die Blavetrivier in die département Morbihan (Bretagne, Noordwes-Frankryk) met 'n oppervlak van 24,85 vierkante kilometer en 13 693 inwoners (2008). Dit is die onderprefektuur van die gelyknamige arrondissement en die hoofstad van 'n kanton.

Geskiedenis[wysig]

Pontivy word in die 7de eeu deur die monnik Ivy gestig. Hy laat 'n brug oor die Blavetrivier oprig, wat sy naam aan die stad verleen.

Op 18 Brumaire van die jaar XII van die Franse Rewolusie (9 November 1804) is die naam van Pontivy verander na Napoléonville. Ná die ontmagting van Napoléon Bonaparte kry die stad sy oorspronklike naam terug, wat later nog eens gewysig is na Bourbonville. Onder die heerskappy van Napoléon III vind die tweede naamsverandering na Napoléonville plaas.

Besienswaardighede en kultuur[wysig]

Die bekendste historiese geboue is die basiliek Notre-Dame-de-Joie en die kasteel van die adellike gesin Rohan, wat teen die einde van die 15de eeu opgerig is. Pontivy tree op as gasheer van die eindronde van Kan ar Bobl ("Sang van die Volk"), 'n jaarlikse Bretonse musiekwedstryd.