Popocatépetl

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Popocatépetl
Mexico-Popocatepetl.jpg
Die Popocatépetl, soos gesien vanaf die Paso de Cortés
Ligging: Meksiko
Hoogte: 5 462 meter
Reeks: Sierra Volcánica
Koördinate: 19°01′40″N 98°37′23″W
Bergtipe: Stratovulkaan
Laaste uitbarsting: 2013
Datum van eerste bestyging: 1519
Eerste bestyger(s): Diego de Ordás
Vertaling van naam: Rokende berg (Nahuatl)
Uitspraak: /[popoːka'tepeːt͡ɬ]/

Popocatépetl (Nahuatl: Popōcatepētl [popoːka'tepeːt͡ɬ], Spaans: [popoka'tepet͡ɬ]) is 'n berg in Noord-Amerika wat op die grens tussen die drie Meksikaanse deelstate México, Puebla en Morelos geleë is. Met 'n hoogte van 5 462 meter is dit die tweede hoogste berg en vulkaan van Meksiko ná die Citlaltépetl.

Satellietbeeld van die Popocatépetl.

Die Popocatépetl is tussen Meksikostad in die noordweste en Puebla de Zaragoza in die ooste geleë. Net noord lê die tweelingsvulkaan Iztaccíhuatl. Die naam van die berg beteken in die Asteekse taal Nahuatl "Rokende berg" en is 'n kombinasie van die twee woorde popōca [poˈpoːka] ("rokend") en tepētl [ˈtepeːt͡ɬ] ("berg"). In Meksiko staan die berk ook bekend as El Popo en Don Goyo.

Die kloosters uit die vroeë 16de eeu op die hange van die Popocatépetl is in 1994 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.

Eksterne skakels[wysig]