Port Shepstone

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Port Shepstone
Ligging van Port Shepstone op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Port Shepstone
Port Shepstone
 Port Shepstone se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 30°45′0″S 30°27′0″O Koördinate: 30°45′0″S 30°27′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distrik Ugu
Munisipaliteit Hibiscuskus
Stigting 1867
Oppervlak[1]
 - Dorp 38,02 km²  (14,7 vk m)
Hoogte m (30 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 35 633
 - Digtheid 937/km² (2 426,8/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 39.7%
 • Kleurling 6.3%
 • Indiër/Asiër 32.1%
 • Blank 21.3%
 • Ander 0.5%
Taal (2011)[1]
 • Engels 55.3%
 • Zoeloe 21.4%
 • Xhosa 10.5%
 • Afrikaans 9.3%
 • Ander 3.5%
Poskode (straat) 4240
Poskode (posbus) 4240
Skakelkode(s) 039
Webwerf: http://www.portshepstone.co.za

Port Shepstone is 'n dorp in die ooste van Suid-Afrika, in die suide van die provinsie van KwaZulu-Natal. Die dorp is 120 km suid van Durban. Die N2 nasionale pad gaan deur die dorp.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is in 1867 by die mond van die Mzimkulurivier (beteken:groot tuiste van alle riviere) gestig en na sir Theophilus Shepstone, sekretaris van naturellesake in Natal, vernoem. Munisipale status is in 1934 toegeken. Die oorspronklike nedersetting het ontstaan nadat marmer aan albei oewers naby die monding van die rivier ontdek was. Teen 1901 het die spoorlyn vanaf Durban die dorp bereik.

Hedendaags[wysig]

Regering[wysig]

Port Shepstone is die setel van die Ugu-distriksmunisipaliteit en ook die Hibiscuskus Plaaslike Munisipaliteit, wat beteken dat die meeste staatsdepartemente kantore hier het.

Landbou[wysig]

Belangrike produkte wat in die omgewing verbou word is subtropiese vrugte soos piesangs, lietsjies, papajas en avokadopere asook suiker, wattelbas, sisal en hout. Die distrik is 1 328 km2 groot.

Boorling van Port Shepstone[wysig]

Burry Stander (1987-2013), in lewe 'n Suid-Afrikaanse bergfietsryer.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Port Shepstone”. Sensus 2011.