Port St. Johns

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Port St. Johns
Ligging van Port St. Johns op 'n kaart (Oos-Kaap)
Port St. Johns
Port St. Johns
Ligging van Port St. Johns op 'n kaart (Suid-Afrika)
Port St. Johns
Port St. Johns
Koördinate: 31°37′14.88″S 29°32′40.2″O Koördinate: 31°37′14.88″S 29°32′40.2″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit O.R. Tambo
Plaaslike Munisipaliteit Port St Johns
Oppervlak
 - Stad 8,03 km²  (3,1 vk m)
Hoogte m (26 vt)
Bevolking (2011)
 - Stad 6 441
 - Digtheid 800/km² (2 072/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 5120

Port St. Johns is 'n dorp aan die Wildekus van die Indiese Oseaan in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit is gebou langs die mond van die Umzimvuburivier. Die dorp is 96 km oos van Mthatha.

Geskiedenis[wysig]

Die naam van Port St. Johns is afgelei van die São João (St. Johannes) wat vergaan het naby Port Edward op 5 Junie 1552. Die eerste werklike aktiwiteit het in 1846 begin toe die Britse skoener Rosebud daarin kon slaag om oor die sandbank in die riviermond te gaan en in die rivier opgevaar het. In 1878 het die Britse regering beheer van die hawe oorgeneem na onderhandelings met die Pondohoofman Nqwiliso. Daar is handel gedryf met die Pondo's. Fort Harrison is later gebou vir beskerming. Gedurende 1964 is die Pondolandbrug gebou om toegang met die res van Transkei en KwaZulu-Natal te bied. Koffiebaai is 55 km suidwes van Port St. Johns.[1]

Distrik[wysig]

Die distrik is 648 km2 groot. Die klimaat is subtropies. Mielies en vrugte soos papajas, lietsjies, piesangs, mango's en advokadopere word in die riviervallei gekweek. Daar is drie swemstrande en hengel is ook gewild. Klein bote kan 18 km in die rivier opvaar.

Besienswaardighede[wysig]

  • Daar is 'n vuurtoring en radiobaken by Kaap Hermes by die suidelike punt van die strandmeer.
  • Die skeepsklok wat buite die stadsaal hang is na bewering dié van die Clan Gordon wat deur die kaptein weggedobbel is.
  • Derde Strand is deel van die Ntlolobanatuurreservaat.
  • Daar is 'n gedenkteken naby die Pondolandbrug wat aandui dat Dick King tydens sy epiese tog in 1842 hier verby is.
  • Daar is 'n warmwaterbron buite die dorp. Die Pondo's noem dit Isinuka 'die stink een'.

Fotogalery[wysig]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Port St. Johns (kategorie)