Potlood-doktervis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Potlood-doktervis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Acanthuridae
Subfamilie: Acanthurinae
Genus: Acanthurus
Spesie: A. dussumieri
Binomiale naam
Acanthurus dussumieri
Valenciennes, 1835

Die Potlood-doktervis (Acanthurus dussumieri) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Pencilled surgeon.

Voorkoms[wysig]

Die vis se kop en lyf is bruingeel met verskeie onreëlmatige horisontale blou strepe oor die lyf. Daar is oranje kolle om die oë wat verbind is met 'n oranje streep oor die neus. Die basis om die stertvin is donker en die dorsale en anale vinne is gelerig. Die stert is hoofsaaklik blou en geel by die basis met swart kolletjie op. Die lyf het 'n reghoekige vorm en die volwasse vis het 'n kenmerkende konvekse voorkop. Die vis word tot 54 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis leef in koraal en rots riwwe in water wat 5 – 30 m diep is. Die onvolwasse visse leef in die vlakker water waar daar baie alge is terwyl die volwassse visse op hellings van die riwwe leef. Hulle is meestal alleenswemmers. Die vis oorleef in 'n groot akwarium.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakel[wysig]